Friday 25 April 2014

STAMPMIELIES


STAMPMIELIES
(4 – 6 porsies)
Bestanddele:
250 ml (1 k) stampmielies, gewas
1,25 ℓ water
5 ml (1 t) sout
12,5 ml (1 e) botter
Metode:
1. Week die stampmielies oornag in die water.
2. Verhit dan in die weekwater en laat ongeveer 2 tot 3 uur lank stadig sag kook. Roer af en toe om aanbrand te voorkom.
3. Roer die sout by as dit begin sag word en die botter net voordat dit opgeskep word.
4. Dien op met afval, vleis en groente
Resep: Joey Pienaar
*Knuppeldik aan koningskos*Maroela Media> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/stampmielies.html



                                                             Foto>Helena Kruger

Ek sien sy week haar stampmielies ek doen dit nie ek spoel dit net so 3x goed af en maak skoon en plaas dit vir 20min in stoompot met water ..maak oop voel of dit sag is en as dit nie gooi net so bietjie water op ..as dit moet en nog 10min...dan gooi ek eers my sout en botter by as alles gaar is Helena Kruger.


STAMPMIELIES

 Cathy Niemand Bezuidenhout
Ek week my stampmielies die vorige aand. Kook die stampmielies saam met water sonder sout in 'n stoompot vir so 15min. Dan maak ek dit oop en kyk dat daar nog genoeg water is, sodat dit nie aanbrand nie. Gooi lekker sout by en stoom dit weer vir so 15min. As al die stoom uit is, proe ek maar of dit sag is, anders kook ek dit weer. Jy kan dit dan dreineer. As ek die samp en bone met vleis maak, braai ek eers die vleis bruin en dan braai ek uie en knoffel. Sit dan weer die vleis by en braai so klein bietjie verder. Dan sit ek die stampmielies en bone by die vleis (dis nou die sugar beans wat mens sop van maak). Ek vat dan oxtail of beef stock en gooi dit by sodat alles lekker onder die sous is. Dan stoom ek dit totdat alles lekker sag is. Ek maak dit so 2 keer oop om te kyk dat dit nie vasbrand nie en of daar nog genoeg water by is.*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/stampmielies.html

No comments:

Post a Comment