Tuesday 27 May 2014

MAALVLEIS EN BOONTJIESOP



MAALVLEIS EN BOONTJIESOP

My sop en Oxo croutons gisteraand.

Ek het so bietjie sop gekook gisteraand en was net lus vir iets anders as my gewone groente en shin resep, so ek het die gemaak en dit was regtig heerlik.

1 Pak Moring Crisp Haricot mix sop mengsel (die het ek by Spar by die groenteafdeling gekry)
4 medium aartappels
4 wortels
4 uie
3 seldery stukke (blare en stingel)
Rasper al bogenoemde of sny in klein blokkies - ek het myne sommer in my twista gegooi en opgekerf
1 koppie 4 in 1 sopmengsel
2 beesvleis ekstrak blokkies
1 tl knoffel vlokkies
1 tl sout en 1 tl growwe peper
500gr maalvleis
Handvol gekapte spek (rou) Die is net vir geur, nie aanvulling tot vleis nie. Jy kan ook sommer 'n russian in klein blokkies sny indien verkies
Gooi in stoompot en vul die pot met water tot bokant die mengsel
Stoom vir 45 minute
Stoom af en gooi dan in
1 Pakkie oxtail met groente sop en laat deurkook tot dik
Voeg nog sout en peper by en so 'n lekker spuit wostersous

Oxo croutons
Neem snye bruinbrood (wit is ook reg) met korsies aan
1 koppie gerasperde kaas
Groot eetlepel vol botter
1 tl oxo/marmite of Bovril
1 opgehoopte tl bruin uiesop
Meng alles en smeer die snytjies brood met dit
Sny in vinger grootte - ek kry 4 vingers uit
In die oond vir so ongeveer uur en half by 100C (droog dit soos beskuit) of jy kan dit klein blokkies sny ipv vingers - die keuse is joune

Lekker eet !!!

Hierdie was ongeveer 4 en half liter sop

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/boontjiesop.html

No comments:

Post a Comment