Monday 5 May 2014

HOENDERPOT



WESSEL SE AFSNYPOT (HOENDERPOT)
Porsies: 4

BESTANDDELE
3 uie, gesny
4 knoffelhuisies, fyngemaak
½ koppie sojasous
½ koppie appelkooskonfyt
2 kg hoenderstukke
6 aartappels, geskil en gesny
1 kg gevriesde groente
2 eetlepels medium kerrie
½ liter witwyn
sout en peper

METODE
Sit jou pot op 'n matige vuur.
Braai uie en knoffel tot bruin.
Haal uit.
Braai hoenderstukke tot bruin, sit uie terug en voeg konfyt, sojasous, sout en peper by.
Voeg die wyn en aartappels by.
Prut vir 'n halfuur.
Voeg die gevriesde groente by en prut tot aartappels sag is.
Bedien op rys.
Wenk:
Die gereg kan ewe goed in die oond of op die stoof gemaak word.
Bron: RSG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/hoenderpot.html

No comments:

Post a Comment