Friday 13 June 2014

MAALVLEIS EN OLYF BOLLETJIESBROOD



MAALVLEIS EN OLYF BOLLETJIEBROOD
1Spardeeg
500g Maalvleis [lekker gaargemaak volgens jou eie keuse..net nie te nat nie..laat eenkant afkoel
1 gesnyde ui in ringetjies
1Groen Soetrissie
1k Swart Olywe gekap
1 k Sampioene gekap of dun gesny
Mozzerella kaas of Cheddar
Sny jou deeg in stukke
Druk sykante in olyfolie en pak dit in jou gesmeerde pan met spasies tussen in
Strooi nou jou uie oor en pak jou afgekoelde maalvleis mooi bo-op en tussen in die openinge
Gooi dan jou Sampioene, Soetrissies, en Olywe bo-oor
Laaste kom jou kaas en so n bietjie growwe sout oorgestrooi
Drizzel bietjie olyfolie bo -oor en bak in jou voorverhitte oond tot mooi gaar
Oond 210*C vir so 30-40min
Toets maar met n sosatiestokkie in jou bolletjies om seker te maak dit is deur gaar*HEERLIK Verby*Helena Kruger ##12/06/2014




 








No comments:

Post a Comment