Thursday 26 June 2014

MIELIEPLAATKOEKIES

Mielieplaatkoekies

deur Barbara Joubert
Plaatkoekies is ook ideaal vir ontbyt.
 Sowat 16 plaatkoekies
 • 240 g (430 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 2 eiers
• 350 ml melk
• 25 ml sonneblomolie
• ½ x 340 g-blik mielies, gedreineer
• botter om plaatkoekies in te braai

Sif meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Klits eiers, melk en olie saam in
’n bakkie.Voeg mielies by gesifte meel. Voeg eiermengsel by meelmengsel. Meng goed tot ’n gladde beslag vorm. Laat staan sowat 20 minute. Smelt ’n bietjie botter in ’n pan. Skep lepels vol beslag in. Braai een kant tot borrels aan bokant vorm. Draai versigtig om en braai ander kant tot bruin. Hou warm en herhaal proses tot beslag op is. Sit voor met heuning of goue stroop.Sarie Kos**26/6/2014**http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/mielieplaatkoekies.html

No comments:

Post a Comment