Saturday 14 June 2014

VEGETARIESE LASAGNE


Vegetariese lasagne
Deur Huisgenoot Digitaal
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaak: 45 minute
45 ml (3 e) olie
4 murgpampoentjies, in skywe gesny
1 eiervrug, in blokkies gesny
1 ui, gekap
250 g sampioene, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 bakkie (250 g) maaskaas
’n hand vol vars pietersielie, gekap
1 fles (400 g) gekoopte tamatiepastasous
8 lasagnevelle, ongekook
80 ml (⅓ k) mozzarellakaas
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 25 cm-vierkantige roosterpan.
Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte en soteer die murgpampoentjies, eiervrug, ui, sampioene en knoffel 10 minute of tot sag. Sit eenkant.
Meng die maaskaas en pietersielie en sit eenkant.
Smeer 125 ml (½ k) van die pastasous op die bodem van die roosterpan en bedek met ’n dubbele laag pastavelle. Bedek met ’n laag sous, maaskaasmengsel en groente. Herhaal die lae nog twee keer.
Eindig met ’n dubbele laag pastavelle en die laaste van die sous. Bestrooi met mozzarellakaas, bedek met foelie en bak 20 minute. Verwyder die foelie en bak nog ’n kwartier. Laat staan 10 minute en sny dan in porsies.Bron:Huisgenoot http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/vegetariese-lasagne.html

No comments:

Post a Comment