Wednesday 18 June 2014

WIT SJOKOLADE MOUSSE



Wit sjokelade mousse met Appelliefieschilliliefde.wordpress.com
300g Goeie wit sjokelade
8 eiers
100g strooi suiker
300 ml Room
Kaneel (net vir versiering)
Een klein pakkie appeliefies
1. Smelt die sjokelade in ‘n dubbel koker – laat dit stadig smelt om te vookom dat dit brand (ja dis jou voorreg om tussentyd ‘n glasie wyn te geniet!)
2. Skei die eiers
3. Voeg die suiker by by die eiergele en klop stadig totdat al die suiker goed in geroer is
4. Klits die eierwitte (gooi ‘n klein bietjie sout by) totdat dit sagte pieke vorm
5. In ‘n derde bak – klop die room totdat dit dik is en goed stuif geklits is
6. Indien die sjokelade gesmelt is, meng dit stadig in by die eiergele. (moenie die eiergele by die sjokelade voeg nie, anders gaan die eiergele gaar kook)
7. Voeg die room by en laaste die eierwitte – jy moet hierdie twee invou en nie met ‘n elektriese klitser in meng nie
8. Gooi oor in ramekins en laat vir ten minste 2 ure staan… (ek het myne oornag laatstaan, want indien dit nie vroeg oggend gestol het nie, wou ek ‘n plan B volg vir nagereg)
9. Sprinkel die top met kaneel
10. Laat die gaste self die Appelliefies opplaas na smaak (sommige mense hou van baie, terwyl ander persone net 2 verkies)18/06/2014http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/wit-sjokolade-mousse.html

No comments:

Post a Comment