Saturday 26 July 2014

GEBAKTE VLA

Gebakte vla:
Genoeg vir 4
Bereiding: 10 minute
Baktyd: 30 minute
3 eiers
1 eiergeel
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) room
60 ml (¼ k) strooisuiker
kaneel om oor te strooi

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.
2 Klop die eiers, eiergeel en vanieljegeursel saam.
3 Verhit die room en suiker in ’n kastrol oor matige hitte, roer tot die suiker opgelos is en maak seker dat dit nie oorkook nie.
4 Voeg ’n lepel warm room by die eiers en roer, hou aan om dit lepelsgewys by te voeg tot dit goed gemeng is. Skink in vier individuele oondvaste skottels.
5 Plaas oor in ’n oondpan, vul die pan tot in die helfte met warm water en bak 30 minute. Sit warm of koud voor.
(Huisgenoot) 


No comments:

Post a Comment