Thursday 3 July 2014

SUURLEMOEN KARRINGMELKPOEDING





Alma Liebenberg
Suurlemoen Karringmelkpoeding
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/07/suurlemoen-karringmelkpoeding.html

Deur Arina du Plessis
26 Junie 2014
 Die suurlemoenpoeding is lekker met geklopte room of dun vla.
■ 100 g sagte botter
■ 125 ml strooisuiker
■ 2 ekstragroot eiers, geskei
■ 250 ml bruismeel
■ Knippie sout
■ Sap en skil van 2 groot suurlemoene
■ 500 ml karringmelk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met gesmelte botter. Verroom die botter en suiker goed. Klits die eiergele by. Voeg die meel, sout en suurlemoenskil by en maak met die karringmelk aan tot ’n gladde beslag. Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in. Giet in die voorbereide bak en bak vir 20-30 minute, tot goudbruin en ferm. Sit voor met room en ’n vrugtesous of met vla. Lewer ses porsies.*Landbou.com**3/7/2014

No comments:

Post a Comment