Saturday 2 August 2014

MIKROGOLF TERTJIES

Mikrogolf Tertjies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/08/mikrogolf-tertjies.html
Lewer 6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 4 min
4 eiers
60 ml (¼ k) suurroom
80 ml (⅓ k) gerasperde mozzarella
sout en peper
100 g sampioene, in skywe gesny
3 skywe toebroodjieham, gekap
’n hand vol vars grasuie, gekap
 Smeer 6 holtes van ’n silikoon-kolwyntjievorm.
 Meng die eiers, suurroom en kaas in ’n mengbak en geur met sout en peper.
 Meng die sampioene, ham en grasuie en verdeel tussen die kolwyntjiesholtes.
Giet die eiermengsel oor die sampioenmengsel in die holtes.
 Mikrogolf 4 minute op hoog of tot die sampioene gaar is.
 Sit die tertjies voor saam met ’n slaai van jou keuse.*Deur Huisgenoot Digitaal

No comments:

Post a Comment