Monday 22 September 2014

BEEF STIRFRY



BEEF STIRFRY

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/09/beef-stirfry.html

Hier is die spesiale roerbraairesep:

700g rump steak, dun gesny in repe (marineer oornag in 'n mengsel van 60ml balsamiese asyn, 30ml olyfolie, 2 fyngekapte knoffelhuisies, 1 teelepel suiker)

Wanneer jy dit gaarmaak
Verhit olyfolie in 'n wok of groot pan, braai die steakrepe 'n handvol op 'n slag tot net geseël.
Hou die vleis eenkant.
Smoor 'n ui (in ringe gesny) in die vleissappe tot deurskynend en sag.

Hou eenkant saam met die vleis.
Gooi die vleiswater in die wok af,
Verhit nou 'n eetlepel olyfolie, 'n eetlepel balsamiese asyn, 'n knippie gedroogte mint en 'n teelepel gedroogte basil.
Skroei 2 groot tamaties (grof gekap) in die oliemengsel, en voeg dan die vleis en uie by.
Roer deur terwyl die mengsel verhit.
Knummel 'n wiel Fetakaas bo-oor net voordat jy dit van die hitte verwyder.
Bedien op rys of noedels.**
Mia Donoghue**

    

STIRFRY BEEF EN HOENDERBORSIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/09/beef-stirfry.html
1 Rump steak in repies gesny

2 Hoenderborsie in repies gesny

1uie in kwart repies gekerf
1 groen soetrissie in repies gekerf
1k Sampieone gekerf
1t knoffel fyngedruk
1/4k Soet Chillie sous
2e Chillie-Sous
swartpeper na smaak
1k pers kool gekerf[rooi-wit]
METODE:
Braai jou vleis repies bietjie vir bietjie in n warm wok
Gooi groente en smaak middels een vir een by en braai tot nog lekker crispy
Bedien op lekker fyn aartappels..noodels of rys..
N.S.>Helena>Omdat ek nou dadelik kan eet nie het ek dit in die Slow-cooker geskep en op med. gesit tot eetenstyd.



                                 


No comments:

Post a Comment