Monday 27 October 2014

MELKTERT ROLLETJIES

MELKTERT ROLLETJIES
BESTANDDELE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/melktert-rolletjies.html
1 blikkie kondensmelk
3 blikkies water (gebruik kondensmelkblikkie )
15 ml botter
2 stokkies kaneel
4 eiers, geskei
1 ekstra eierwit, effens geroer (vir gebruik tydens die maak van die rolletjies)
125 ml mielieblom
1 vanieljepeul, oopgesny (skraap die sade uit en hou die peul eenkant) (Kan ook 1 tl vanilje geursel gebruik)
1 x 400 g pakkie springroll-velletjies
olie vir diepbraai
kaneelsuiker
METODE
Vulsel
Bring die kondensmelk, water, botter, vanieljesade en peul tot kookpunt terwyl jy voortdurend roer. (Jy kan dit ook in die mikrogolf doen vir 8 minute op 100% krag)
Meng die eiergele, mielieblom en ‘n bietjie water – maak seker daar is nie klonte in nie.
Wanneer die melkmengsel amper kook, voeg ‘n bietjie van die warm melk by die eiermengsel en roer.
Voeg dan die eiermengsel by die melkmengsel op die stoof. (In mikrogolf: Meng die twee mengsels en kook vir 4 minute. Roer elke minuut)
Klits die eierwitte tot witpiek-stadium en vou dit in die vla.
Laat die mengsel afkoel.
Rolletjies
Plaas ‘n springroll-velletjie op ‘n plat oppervlak.
Borsel al die kante van die velletjie met die eierwit.
Plaas ‘n opgehoopte teelepel melktertmengsel op die velletjie by die punt naaste aan jou. Vou die kante in en rol dit soos ‘n sigaar.
Maak jou vinger voortdurend nat en gom die kante daarmee toe sodat daar nie gaatjies is waar die melktertmengsel kan uitloop nie.
Verhit die olie tot baie warm* en braai die rolletjies, 5 op ‘n slag, tot goudbruin.
Verwyder uit die olie en rol dit dadelik in die kaneelsuiker.
BAIE BELANGRIK – maak seker dat die olie baie warm is. Die rolletjies moet baie vinnig braai want sodra die vulsel aan die binnekant begin kook, sal die rolletjies oopbreek en ‘n groot gemors maak.
Program: Oggend op RSG
Porsies: 40

No comments:

Post a Comment