Saturday 25 October 2014

SAGO KLUITJIES



SAGO KLUITJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/10/sago-kluitjies.html
 750ml melk
1ml sout
80ml sago
75g botter
50ml suiker
50ml mielieblom (mezina)
3 eiers geskei
Kaneelsuiker na smaak

Kook 700ml melk en sout saam tot kookpunt.
Voeg sago en 50g botter by.
Verlaag hitte en kok die mengsel tot sago heeltemal deurskeinend en die mengsel dik is.
Meng die oorblywende melk met die suiker, mielieblom en eiergele tot pasta.
Roer bietjie van sagomengsel vinnig by die pasta en roer alles by die sagomengsel jn.
Oppas vir klonte.
Kook oor lae hitte tot gaar (en dik).
Klits witte styf en vou by.

Smelt die res van die botter.
Strooi kaneelsuiker onder in 'n warm opdienbak.
Skep lepels vol van die sagopap in die bak- doop elke keer voor jy skep die lepel in die gesmelte botter.
Strooi kaneelsuiker oor elke laag kluitjies.
Giet oorblywende botter bo-oor.
Sit warm voor. Geniet*
Wilna Marx*

No comments:

Post a Comment