Monday, 17 November 2014
OUPA SE KOS
Wie van julle ken van **OUPA SE KOS* eintlik het my skoonpappie jare terug my kinders dit geleer eet as hulle by hulle gekuier het voor skool en nadat hulle al in die skool is vandag is hulle altwee ook ouers en nog net so lief vir dit.Helena Kruger
OUPA SE KOS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/11/oupa-se-kos.html
Maalvleis gemeng met blokkies aartappels en rou rys en klein stukkie gekerfte ui en water, bietjie asyn sout en peper...Nouja hulle het dit op die koolstoof gaargemaak MAAR EK MENG DIT EN PLAAS DIT IN MY SLOW Cooker vir so 1h op High..ek gebruik sommer beef of groente aftreksel.
1kg maalvleis
3 aartappels baie klein blokkies gesny
1 ui gekerf
sout en peper
3e asyn[ of bietjie meer]
2k rou rys
Meng alles en gooi 3k aftreksel bo-oor en laat die pot sy ding doen of bo-op die stoof..Kinders is baie lief daarvoor ons grootmense skep so n bietjie blatjang of salsa oor...en as dit koud is maak jy lekker javels of snakwich daarmee...Vaal maar lekker..*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*Helena Kruger*nov2014
En toe maak ek OUPA SE KOS MET WORTELS EN AARTAPPELS BY EN VOEG SO 2 t Kerriepoeier by...12/05/2016*Helena
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment