Friday 12 December 2014

MAROKAANSE POTJIE

Marokaanse potjie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/marokaanse-potjie.html
Genoeg vir 2-4 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: sowat 2 uur

olie vir braai
750 g lamsboud, ontbeen en in blokkies gesny
sout en peper
2 uie, gekap
6 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 liter (4 k) beesvleisaftreksel
30 ml (2 e) gerasperde gemmerwortel
2 rooi brandrissies, fyn gekap
100 g sultanas
200 g droë-appelkose, geweek
skil en sap van 1 lemoen
10 ml (2 t) fyn kaneel
45 ml (3 e) heuning
koljanderblare vir garnering

Verhit van die olie in ’n swartpot op warm kole en verbruin die vleis bietjie vir bietjie. Geur met sout en peper. Verwyder dit uit die pot en hou eenkant.
Verhit nog olie en braai die uie en knoffel tot sag. Plaas die lamsvleis terug in die pot.
Giet die aftreksel oor en voeg die gemmer en rissies by.
Sit die deksel op en verhit sowat 2 uur op stadige kole of tot die vleis sag is.
Voeg die sultanas, appelkose, lemoensap en -skil, kaneel en heuning by. Verhit nog 20 minute.

Geur na smaak. Sit voor saam met rys of koeskoes en garneer met koljander.
Deur Huisgenoot Digitaal op Junie 22, 2014

No comments:

Post a Comment