Monday, 22 December 2014

SLAAIE - TUNA EN PASTASLAAI


TUNA EN PASTASLAAI
Bestanddele

250 g (½ pak) klein skulpiepasta
10 ml (2 t) olie
5 ml (sout)
1 ui, fyn gekap
2 selderystingels, fyn gekap
½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
½ groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
312 ml (1 ¼ k) mayonnaise
187 ml (¾ k) griekse jogurt
1 ml sout
swartpeper na smaak
340 g (2 X 170g) tuna, gedreineer
6 eiers, hard gekook en afgedop
blaarslaai

Metode
1.  Kook pasta in borrelende water waarby sout en olie gevoeg is tot al dente.
2 . Dreineer en spoel pasta af. Roer bietjie olie deur sodat pasta nie aanmekaar kleef nie. Hou eenkant.
3.  Meng ui, seldery, soetrissies en pasta in mengbak.
4.  Roer mayonnaise, jogurt, sout en peper bymekaar tot goed gemeng. Roer by bestanddele in mengbak.
5.  Sny eiers in skywe of kap in klein blokkies.
6.  Roer tuna en eiers liggies by. Moenie te veel roer nie.
7.  Plaas blaarslaai in geskikte bord en skep tunaslaai bo-op.
8.  Sit dadelik voor.

Bron: Vrouekeur
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/slaaie-tuna-en-pastaslaai.html