Wednesday 21 January 2015

PIEKNIEK IDEES



PIEKNIEK IDEES:

PIEKNIEKMANDJIE VIR OP DIE ROTSE BY DIE STRAND - ‘n LEKKER BEDERF:

1.) HOENDERREPIES:

Bestanddele
1 koppie (250 ml) rou fyn polenta
3 eetlepel (45 ml) gedroogde gemengde kruie
½ teelepel (2,5 ml) sout
swartpeper na smaak
4 hoenderborsfilette, in dun repies gesny
1 koppie (250 ml) jogurt
3 eetlepel (45 ml) olyf- of avokado-olie om te braai

1. Meng polenta of mieliemeel, kruie en sout in ‘n groot, vlak bak en geur na smaak met peper.
2. Doop ‘n paar hoenderrepies op ‘n keer in die jogurt en rol dan in die polenta-mengsel. Bedek elke repie deeglik met die polenta. (Gebruik twee vurke om jou hande skoon te hou.)
3. Verhit 1 eetlepel (15 ml) van die olie oor matige hitte in ‘n groot braaipan. Braai hoenderrepies in sarsies, tot goudbruin aan beide kante en net gaar. Die dun repies sal baie vining braai, so moenie dit te lank braai nie, dan is dit oorgaar en droog. Herhaal met orige hoender en olie.
4. Sit warm of teen kamertemperatuur voor met suurlemoenwiggies en ‘n sous van jou keuse. Soet brandrissiesous is lekker.
Bron: RSG Heleen Meyer



2.) SKAAPWORSIES:
Net in die mikrogolfoond geplaas vir 5 minute en in die helfte gesny.


3.) 7 MIN FRIKKADELLE: 


1 kg maalvleis
3 blokkies Weetbix, fyngemaak
1 koppie jogurt
1 t Suurlemoensap
1 pakkie beesstert-soppoeier

Metode
Meng alles saam.
Rol die mengsel in balletjies en bak vir 7 minute in die mikrogolfond.
BRON: RSG

4.) SLAAI:

Gesnyde tropiese vrugte en kersie tamaties.

5.) BROODVORMPIES:

Smeer enige vulsel soos grondboontjiebotter, nutella, avocado, komkommer, ens. op die broodjie, maak hom toe en druk vormpies uit met ‘n koekiedrukker.

6.) DRINKGOED:
Jy kan wyn, water, sap, Super M ens. inpak.

WENK:

Die polenta om my hoenderrepies tel vir my stysel.
Alles is kamertemperatuur behalwe die drinkgoed, so dis lekker met die warm weer.


No comments:

Post a Comment