Thursday 5 February 2015

MAALVLEIS HASH


MAALVLEIS HASH
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/maalvleis-hash.html
Helena Kruger
Jy benodig

· 125 g dik spek, in blokkies gesny
· 4 middelslag-aartappels (of 2 soetpatats), gewas
· 250 g varkwors
· ½ teelepel sout
· 1 groot bossie grasuie, gekap
· ½ teelepel rissievlokkies
· ½ teelepel mosterdsaadjies
· 1 suurlemoen
· 2 eiers

Metode:

1 Gebruik ’n lekker groot pan vir dié dis. Braai eers die spek tot goudbruin en bros, skep dit uit en hou dit eenkant, maar moenie die vet uitgooi nie – los dit net so in die pan.
2 Sny die aartappels in 2 cm-blokkies.
Die vet moet baie warm wees voor jy die aartappelblokkies ingooi, maar nie so warm dat dit rook nie – dit help om die aartappels bros te maak en hulle te seël.
Skud die pan sodat die aartappels in ’n enkellaag lê en laat die aartappels met rus om goudbruin te braai voor jy hulle omdraai.
Strooi ½ teelepel sout oor die aartappels en skud die pan so nou en dan sodat die aartappels nie aanbrand nie – dit sal ongeveer 20 minute neem vir die aartappels om goudbruin en bros buite en bottersag binne te raak.
3 Intussen kan jy solank die varkwors uit die derm druk en in ’n ander pan braai totdat dit gaar is en mooi verbruin het.
Krap dan die maalvleis na die een kant van die pan en braai die grasuie, rissievlokkies en mosterdsaadjies bros in dieselfde pan.
Roer die spek daardeur.
Verwyder dit van die hitte en geur met ’n skeut suurlemoensap.
Posjeer of bak 4 eiers volgens smaak.
4 Verdeel die aartappels tussen 4 borde en skep van die spekmengsel bo-op elke porsie. Geniet dit met geposjeerde eiers. Sit dit dadelik voor, anders verloor die aartappels hulle brosheid.*Weg*

No comments:

Post a Comment