Saturday 21 February 2015

PEER BLATJANG


PEER EN UIE BLATJANG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/peer-blatjang.html
Lewer sowat 300ml blatjang.
Hierdie blatjang is heerlik saam met vark, hoender en eend.
60ml olyfolie
3 groot uie gehalveer en in skywe gesny
2 knippies sout
1ml vars gemaalde swartpeper
15ml suiker
2 pere, stronke verwyder en in blokkies gesny
15ml gekapte tiemie
100ml water
20ml balsamiese asyn
Verhit die olie tot goed warm.
Voeg die uie, sout, peper en suiker by en roer goed.
As die uie vasbrand,voeg ‘n klein bietjie water by en roer dit los.
Hou aan soteer tot die uie goudbruin en gekaramelliseer is.
Voeg die pere, tiemie en water by en prut vir 10minute onbedek to die pere sag en die mengsel dik is.
Roer die asyn by en verwyder van hitte.
Die blatjang kan tot 10 dae in yskas gehou word.*Huisgenoot*



Peer en Dadelblatjang

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/peer-blatjang.html
3 kg ryp pere
1 kg dadels, ontpit
1,5 kg bruinsuiker
1 l appelasyn
200 ml kookolie
10 ml koljanderkorrels
10 ml vinkel, gedroog
10 ml komyn
10 ml gedroogde rissiepoeier
1,5 kg uie, geskil en gekap
1 kg wortels, geskil en grof gerasper
10 ml sout

Metode:
1.Was en skil die pere. Sny dit in kwarte en verwyder die pitte. Sny elke kwart in drie stukke. Meng die pere en dadels met die suiker en asyn in 'n groot vlekvrye staalkastrol en laat staan vir 'n uur.
2.Gebruik 'n groot genoeg vlekvrye staalkastrol vir al die bestanddele en verhit die kookolie hierin. Voeg hierby die speserye en rissiepoeier. Braai dit vir een minuut in die kookolie en voeg dan die gekapte uie by. Soteer totdat dit deurskynend is terwyl gedurig geroer word. Voeg die wortels by en kook vir `n verdere vyf minute.
3.Voeg nou die vrugtemengsel en sout by en bring stadig tot kookpunt terwyl gedurig geroer word. Wanneer dit kookpunt bereik, verlaag die hitte van die stoofplaat en prut die mengsel vir 45 minute terwyl elke tien minute geroer word. Maak seker dat die bodem en kante van die kastrol goed skoongeskraap word met die lepel om enige vorm van aanbranding te voorkom.
4.Was vrugteflesse in kokende water, giet water uit en vul die flesse met die blatjang tot byna bo toe.
Skroef die deksels op en laat die flesse afkoel. Berg in 'n koel, donker kas waar die blatjang vir maande sal hou.

No comments:

Post a Comment