Thursday 12 February 2015

WAATLEMOENLEMONADE



WAATLEMOEN LEMONADE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/02/waatlemoenlemonade.html
1,5 kg waatlemoen, geskil en in stukke gesny en oornag gevries
120 g suiker
450 ml water
zest en sap van 4 medium tot groot suurlemoene
knippie sout
sodawater

Maak die stroop deur die suiker, water en suurlemoenskil in ‘n kastrol tot kookpunt twe bring terwyl jy roer totdat die suiker opgelos het.
Verwyder van die hitte, en roer die suurlemoensap en sout by.
Laat die stroop heeltemal afgekoel.
Gooi dit deur ‘n sif om die suurlemoenskil te verwyder.
Plaas ‘n derde van die waatlemoenstukke en suurlemoenstroop in ‘n voedselverwerker en meng tot glad.
Herhaal met die res van die waatlemoen en stroop.
Gooi dit deur ‘n sif om enige moontlike waatlemoenpitte te verwyder.
Bedien as ‘n bevrore drankie, of met sodawater of vonkelwyn. 

Bron: Hein van Tonder
Resep en foto: heinstirred.com

No comments:

Post a Comment