Thursday 26 March 2015

GEBAKTE VIS IN BIERDEEG MET KOOLSLAAI



Maggie de Castro
GEBAKTE VIS IN BIERDEEG MET KOOLSLAAI:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/gebakte-vis-in-bierdeeg-met-koolslaai.html
(4 – 6 porsies)

Koolslaai

200 g kool, fyngekap
2 appels, ontklok en grofgekap
70 g rosyntjies
100 g okkerneute, fyngekap
300 ml mayonnaise van goeie gehalte
100 ml Bulgaarse jogurt

Vis en deeg

250 ml koekmeel
250 ml bier
1 eierwit
6 vars of bevrore stokvis-filette
sout en varsgemaalde swartpeper
olie vir vlakbraai
suurlemoen-wiggies vir voorsit

Metode:
Koolslaai Meng kool, appels, rosyne en neute met jogurt en mayonnaise. Vis en deeg Meng meel, eierwit en bier in ‘n mengbak tot ‘n gladde beslag. Geur vis met sout en swartpeper. Verhit genoeg olie om die vis heeltemal te bedek tot warm in ‘n middelslag-pan. Doop elke filet in die beslag en braai in warm olie tot goudbruin en gaar – sowat 5 minute aan ‘n kant. Sit warm voor
saam met koolslaai en suurlemoen-wiggies.
(Sarie - Herman Lensing)

No comments:

Post a Comment