Sunday, 8 March 2015

KARRINGMELK KOEKIES

Maggie de Castro
KARRINGMELK KOEKIES:
Bestanddele:
4 x 250ml koekmeel,
250ml suiker,
5ml koeksoda gemeng met bietjie louwater,
125g sagte botter,
250ml klapper,
karringmelk.
Metode:
Vryf botter in meel. Voeg klapper en suiker by.
Voeg koeksodawater by.
Voeg net genoeg karringmelk by om roldeeg te kry.
Rol uit of rol balletjies.
Bak by 180C vir 10min tot gaar.
(Poplap se lekkerbek resepte)

No comments:

Post a Comment