Monday 16 March 2015

SJOKOLADE MELKTERTE

SJOKOLADE MELKTERTE:

(Foto geleen: Internet)

Maggie de Castro

SJOKOLADE MELKTERT:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/sjokolade-melkterte.html

Lewer 1 middelslag tert
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 30 min.

KORS
100 g botter, versag
80 ml (⅓ k) gouestroop
2 eiers
50 g sjokolade, gesmelt
200 ml (¾ k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
’n knippie sout

VULSEL
4 groot eiers, geskei
2 ml (½ t) vanielje-ekstrak
750 ml (3 k) melk
30 ml (2 e) meel
30 ml (2 e) mielieblom
’n knippie sout
80 ml (⅓ k) gouestroop
250 g botter, in blokkies gesny

VIR VOORSIT
gerasperde sjokolade vir garnering


METODE
1.Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 23 cm-tertpan.
2.Kors: Klits die botter en stroop saam en voeg die eiers een-een by terwyl jy ná elkeen goed klits. Roer die gesmelte sjokolade in.
3.Sif die droë bestanddele in ’n groot bak. Voeg die eiermengsel by en roer om ’n gladde pasta te vorm.
4.Sprei die korsmengsel egalig oor die bodem en kante van die voorbereide tertpan.
5.Vulsel: Klits die eierwitte tot skuimend, voeg die vanielje-ekstrak by en klits tot stywe punte vorm.
6.Meng 125ml (½ k) van die melk met die meel, mielieblom, sout en stroop tot glad. Sit eenkant.
7.Bring die oorblywende melk tot net onder kookpunt in ’n kastrol oor matige hitte.
Verwyder van die hitte en roer die meelmengsel in. Sit terug op die hitte en roer aanhoudend tot die mengsel verdik. Voeg die botter bietjie-bietjie by en meng goed. Klits die eiergele in die verhitte melkmengsel in.
8.Vou die eierwitte sagkens in. Giet in die voorbereide pan. Bak 20 minute. Laat afkoel.
9.Vir voorsit: Strooi gerasperde sjokolade bo-oor en sit voor.
(Genevieve Jansen van Vuuren)




Maggie de Castro

SJOKOLADE MELKTERT:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/sjokolade-melkterte.htmlGenoeg vir 1 melktert

Bestandele:
• 4 velle fillodeeg
• sowat 50 g (55 ml) botter, gesmelt
• 42 g (75 ml) koekmeel
• 25 g (50 ml) mielieblom
• 40 g (50 ml) suiker
• 125 ml melk
• 2 eiergele
• 20 g (25 ml) suiker
• 7 ml vanieljegeursel
• 2 eierwitte
• ½ ml kremetart
• 20 g (25 ml) suiker
• 550 ml melk
• 10 ml botter
• 200 g 70%-donkersjokolade, in stukke gebreek

Metode:
Verhit oond tot 220 °C. Plaas een vel fillodeeg op ’n werkoppervlak en smeer met gesmelte botter. Plaas nog ’n vel boop en smeer weer met botter. Herhaal proses met laaste twee velle deeg. Plaas deeg in ’n gesmeerde oondpan of tertbak van 25 cm in deursnee. Die deeg moet bo die rand van die pan uitstaan. Sny die oortollige deeg af met ’n skêr. Plaas koekmeel, mielieblom, 40 g suiker en 125 ml melk in ’n middelslag-mengbak en meng tot glad. Hou eenkant. Klits eiergele, 20 g suiker en vanieljegeursel saam in ’n klein bakkie en hou eenkant. Plaas eierwitte, kremetart en laaste 20 g suiker in ’n mengbak. Hou eenkant. Plaas 550 ml melk, 10 ml botter en sjokolade in ’n kastrol en verhit tot sjokolade gesmelt het. Gooi die warm melksjokolade uit die kastrol in die mengbak met die meelmengsel. Meng goed en gooi terug in kastrol. Verhit oor lae hitte terwyl jy heeltyd roer. Wanneer mengsel dik is, gooi terug in mengbak en roer eiergeelmengsel by. Klits eierwitte styf en vou versigtig in mengsel. Gooi in uitgevoerde bak of pan. Plaas in warm oond. Bak 5 minute. Draai temperatuur af na 200 °C en plaas ’n stuk bakpapier of tinfoelie bo-op die tert om te keer dat die deeg brand. Bak nog 15 minute. Haal uit en laat afkoel. Sit voor by kamertemperatuur.
(Sarie)




Maggie de Castro
DIE SJOKOLADE MELKTERT:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/03/sjokolade-melkterte.html
Sjokolade melktert in lae gepak.

Bestanddele:
1 lt melk
180ml vlapoeier
30ml Kakao
1 blik kondensmelk
5 ml vanilje geursel
1 eier geklits
2 pakke tennisbeskuitjies

Metode:
Verhit 750ml melk. Meng kakao en vla met res van die melk en kondensmelk tot glad.Voeg by warm melk in kastrol roer,prit en roer tot glad en dik.Haal van stoof af, laat effens afkoel. Voeg by vanilje en geklitse eier. Begin met beskuitjies en smeer vlamengsel oor,herhaal patroon tot vulsel opgebruik is
BRON- Rina Gerber


Foto: Jeanne Gerber - "Ek sal next time net meer kakao ingooi of n slab chocolate jy weet...daai craving!!!"


No comments:

Post a Comment