Tuesday 28 April 2015

PASTASLAAI INGEMAAK



PASTASLAAI INGEMAAK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/04/pastaslaai-ingemaak.html

*My eie verwerking Helena*
500g Pasta [van jou keuse] hou dit warm
2 x 750ml Cross & Blakwell May.
1 Blikkie Kondensmelk
2 Med Uie fyn gekap
1 kg Hawain Stirfry
SOUS
1 k Asyn
1 k Suiker
1/2 k water
1/2 k Pasta water
Knippie sout [2ml]
Knippie Tiemie 2ml]
Swartpeper [2ml]
25 ml Whisky[opt]
Metode
Kook jou pasta volgens jou pakkie met sout
Mikrogolf jou Stirfry vir 10min [Hou eenkant toegemaak] ek het myne gestoom
Kook jou uie in sous: asyn, suiker en 1/2k water vir 5min
Voeg jou Stirfry en die ander 1/2k pasta water by jou uie mengsel en kook vir nog so 5-6min [dit moet nog Crispy wees ne]
Voeg jou pasta by en roer goed tot dit baie warm is [amper kook]
Voeg jou Kondensmelk en Mayonnaise en ook jou Whisky by en laat net baie goed deur warm word op jou hitte [dit moet goed warm wees..
Sorg dat jou bottels warm is en bottel dadelik warm
N.S>Kyk dat daar geen lugblasies is nie en genoeg sousie in jou bottel
Hoekom die Whisky???Omdat die Mayonnaise olie bevat help dit vir galserigheid ..veral as jy dit lank bere..
Helena Kruger>20/04/2015

N.S>Ek het vadag een oopgemaak Foto onder en dit is HEERLIK VERBY* As jy voel na so 2weke wat dit ingemaak is dit is bietjie droog..ja die pasta absorbeer partykker van jou sous voeg net bietjie mayonnaise by voor opdiening..maar dit was nie nodig gewees nie..en Verseker die groente is so lekker Crispy**

                                                **Na dit 10dae Ingemaak was**                                         



 



Hier het ek weer n PASTASLAAI MET EIERVRUG ingemaak so bietjie verander en dit is baie baie lekker**Helena Kruger >31/6/2015



PASTASLAAI MET EIERVRUG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/04/pastaslaai-ingemaak.html

*My eie verwerking Helena*
500g Pasta [van jou keuse] hou dit warm[klein skulpies gebruik]
1 x 750ml Cross & Blakwell May.[as jy wil kan jy nog n halwe bottel gebruik..]

2 Med Uie fyn gekap
500g Hawain Stirfry
6 Groot Eiervrugte blokkies gesny en 30min met sout laat le en gedreineer en goed afgespoel
SOUS
1 k Asyn
1 k Suiker
1/2 k water
1 k Pasta water
1 pakkie tamatie paste
20ml Worsectersous
1t Knoffelpoeier[of 1 knoffelhuisie fyngekap]
Knippie sout [2ml]nie te veel nie want die eiervrug was klaar in die sout]
Knippie Tiemie 2ml]
Swartpeper [2ml]
25 ml Whisky[opt]
Metode
Kook jou pasta volgens jou pakkie met sout
Mikrogolf jou Stirfry vir 10min [Hou eenkant toegemaak] ek het myne gestoom
Kook jou eiervrug blokkies tot amper sag in so 2k water.
Kook jou uie in sous:
asyn,tamatie paste,worsectersous, knoffelpoeie,tiemie, swartpeperr suiker en 1/2k water vir 5min
Voeg jou Eiervrug en Stirfry en die ander 1/2k pasta water by jou uie mengsel en kook vir nog so 5-6min [dit moet nog Crispy wees ne]
Voeg jou pasta by en roer goed tot dit baie warm is [amper kook]
Voeg jou Mayonnaise en ook jou Whisky by en laat net baie goed deur warm word op jou hitte [dit moet goed warm wees..
Sorg dat jou bottels warm is en bottel dadelik warm
N.S>Kyk dat daar geen lugblasies is nie en genoeg sousie in jou bottel
Hoekom die Whisky???Omdat die Mayonnaise olie bevat help dit vir galserigheid ..veral as jy dit lank bere..
Helena Kruger>31/06/2015


 


PASTA EN TAMATIESLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/04/pastaslaai-ingemaak.html

500g Noedels
1/2kg uie gekap
1 kg tamaties skil verwyder en in blokkies gesny
2 soetrissies ( geel en groen) gekap
1 pakkie sampioene fyn gekap (opsioneel)
100ml mayonnaise
50ml sweet chilliesous
25ml tamatiesous
375ml olie
250ml wit asyn
500ml suiker

2 eetl kerriepoeier
20ml sout

METODE:
Kook tamaties, uie, soetrissie, sampioene, asyn, suiker, sout en olie saam tot sag.
Kook noedels sag, maar ferm ongeveer 20 min, met sout en bietjie olie by
Voeg eerste mengsel by noedels, kook goed deur, voeg mayonnaise, sweet chilliesous en tamatiesous by.
Meng goed deur.
Bottel warm in voorbereide bottels. **Bottel en Bere* 10/07/2015

No comments:

Post a Comment