Thursday 7 May 2015

EAT SUM-MORE BESKUIT




EAT-SUM-MORE BESKUIT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/eat-sum-more-beskuit.html

1. Roer Saam:
500g Botter

2 K Suiker.

2. Klits saam:
2 Ekstra Grt Eiers 
2 K Lou Water

3. Sif saam:
1,5kg Bruismeel, 2 T Bakpoeier en 1 T Sout

Meng 2 en 3 beurtelings by 1 in ..
Rol Balletjies, pak in gespuite panne en bak +- 'n uur by 180grade C

En dis dit.. so 'n eenvoudige reseppie maar dis verby lekker.
Ek maak dit gewoonlik sommer dubbeld aan vir darem die moeite werd. Jammer ek kan nou nie die klaar gebak wys nie, maar ek sal sodra die vakansie begin vir die kleinkinders bak en dan sal ek weer 'n fototjie opsit.
Ek sit die resep maar solank op want eks seker ekt jul nuuskierig oor die resep wat ek so naarstigtelik gesoek het...lag

Weereens baie dankie vir jul wonderlike vriendskap en omgee hier.**
Eurika Buckle*


 




Na ek my resep gevind en met jul gedeel het, is my huis nooit meer sonder Eat Sum More Beskuit ni. Lag. Hier is nog n 3kg baksel uitgedroogde beskuit.*06/08/2015

 

No comments:

Post a Comment