Wednesday 13 May 2015

MAKLIKE TUNA EN RYS MAALTYD



Mare Nieuwoudt
MAKLIKE TUNA EN RYS MAALTYD:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/maklike-tuna-en-rys-maaltyd.html


Moenie ure bestee aan aandete maak nie. Skep dit net in lae in ’n bakskottel en wag dat dit goudkleurig raak en die geure meng.

Genoeg vir 4-6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 35 min.

Bestanddele:20 ml (4 t) olie
1 ui, fyn gekap
1 groen soetrissie, gekap
2 blikke tuna (170 g elk)
150 g bevrore ertjies en mielies, ontvries
500 ml (2 k) gekookte rys
’n hand vol pietersielie, gekap
sout en peper
500 ml (2 k) gekoopte Cheddamelt-sous
BOLAAG
60 ml (¼ k) broodkrummels
60 ml (¼ k) cheddarkaas, gerasper

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakskottel met botter.
1.Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en soteer die ui tot sag en deurskynend. Voeg die groen soetrissie by en braai 2 min. of tot sag.
2.Roer die ertjies en mielies, rys, pietersielie en tuna in. Geur. Kook tot die rys deurwarm is. Skep die helfte van die mengsel in die skottel en bedek met die helfte van die Cheddamelt-sous. Herhaal die lae.
3.Bolaag Bestrooi met broodkrummels en kaas. Bak 25 min. in die oond of tot goudbruin.

Deur Hope Malau/HUISGENOOT
Foto: Misha Jordaan

No comments:

Post a Comment