Tuesday, 9 June 2015

BIEFSTUK MET CAMBERT EN VYE


BIEFSTUK MET CAMBERT EN VYE:


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/biefstuk-met-cambert-en-vye.html

Bestanddele:
BIEFSTUK
4 x 3 cm dik biefstuk
30 ml olyfolie
sout en peper
30 ml droë koljander, gerooster en fyngekap
2 x 100 g Camembertkaas
VYEBLATJANG:
8 Mission of enige pers vye, gehalveer
1 klein rooi ui, fyn gesny
2 takkies vars tiemie
30 ml suiker
100 ml rooiwyn
sout na smaak
sap en skil van 1 suurlemoen

Metode:
VYEBLATJANG
Plaas al die bestanddele in 'n klein pot, en bring dit stadig tot kookpunt om die suiker te laat smelt.
Kook vir 5 - 10 minute of tot dit lekker stroperig is.
Ek hou daarvan as die vye heel stukke bly, eerder as om dit pap te kook.
BIEFSTUK
Verhit 'n riffelpan tot lekker warm.
Vryf die vleis intussen met die olyfolie, en geur met die droë speserye.
Plaas die biefstuk op die warm pan en kook totdat dit loskom. Dit is ongeveer 2 - 3 minute.
Draai die vleis om en kook die ander kant vir nog 2 - 3 minute.
Verwyder, plaas in 'n bord, en bedek met foelie om te rus vir 5 - 10 minute.
Bedien met snye Camembertkaas, die warm vyeblatjang en bros aartappelskyfies.

(Koek en Tert / RSG - Dis die een)