Sunday 14 June 2015

BOEREWORS JAFELS


Mare Nieuwoudt
BOEREWORS JAFELS:
(Genoeg vir 4)

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/boerewors-jafels.html

VULSEL:
15 ml (1 e) olie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyn gedruk
500 g boerewors, uit die derm gedruk
2 houers (65 g elk) tamatiepasta
1 blik (410 g) tamaties, gekap
5 ml (1 t) fyn kaneel
2 brandrissies, gekap
80 ml (¹⁄₃ k) fyn gekapte koljander en/of pietersielie
skil van 1 suurlemoen
knippie suiker
sout en peper na smaak
JAFELS:
8 snye witbrood
botter


METODE:
1.Vulsel Verhit die olie en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die worsvleis by en braai tot gaar en bruin.
2.Voeg die res van die bestanddele by, verlaag die hitte en laat prut sowat 20 min. tot die sous geurig is.
3.Jafels Spuit ’n jafelpan goed met kossproei.
4.Skep 45-60 ml (3-4 e) van die vulsel tussen twee snye brood. Plaas in die pan, vou toe en braai tot goudbruin./HUISGENOOT

No comments:

Post a Comment