Saturday 27 June 2015

JB SE KLAPLEKKER SJOKOLADEKOEK


JB SE KLAPLEKKER SJOKOLADEKOEK:
(MODERNE SJOKOLADEKOEK)

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/jb-se-klaplekker-sjokoladekoek.html

Bestanddele:
200 g sjokolade
½ koppie botter
½ koppie heuning
½ koppie klapper
½ koppie meel
½ koppie kakao
4 eiers

Metode:
Stel oond op 180 grade Celsius.
Smeer 'n koekpan met botter of spuit met kleefwerende sproei.
Smelt die sjokolade, botter, heuning en kakao in 'n dubbelkoker.
Voeg die klapper en meel stadig om die beurt by.
Klits eiers tot lig en donsig.
Vou dit versigtig in met 'n metaallepel.
Giet die deeg in 'n koekpan.
Bak vir 25 minute.

(RSG - Dis die een!)

No comments:

Post a Comment