Friday 12 June 2015

SOP DIEET FEITE


Sonia van Niekerk
KOM LEER GOU 'N MAKLIKE 'LIFE HACK' WAT DIE SOP DIEET BETREF:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/sop-dieet-feite.html

Gooi al jou blarerige groente (green leafy vegetables) wat groen is eerste in jou pot of slowcooker, soos kool, seldery, spinasie, komkommer, blaarslaai, broccoli, brussels sprouts, sprietuie, ens. Dit moet omtrent ten minste helfte van die sop wees. Sit nou tamaties by en wat ookal gaan afgaan wat jy wil opgebruik. Gooi ook ten minste 2 koppies bone by. Enige bone, lensies of kekerertjies. Jy kan vleis ook bygooi maar iets soos rugspek, ontvelde en ontbeende hoenderborsie, biltong sonder vet of vark goulash met geen vet aan nie. Gooi kruie of speserye van jou keuse by.

Hierdie sop is nie 'n maaltydvervanger nie. Jy kan dit met maksimum een maaltyd per dag vervang. Jou ander maaltye moet dan steeds gebalanseerd wees. Eet dit wanneer jy honger is en wil peusel, maar wees gedisiplineerd met eet en beperk maar die porsies. Elke keer wat jy beperk, al is dit net 'n bietjie, sal jy agterkom hoe dit werk. As jy al jou swiets, chips, koekies en gaskoeldrank vervang met hierdie sop sal jy klaar 'n groot verskil sien aan jou klere en aan hoe gesond jy voel smile emoticon

Raadpleeg asseblief altyd eers (met baie goeie rede) jou geneesheer of dieetkundige voor jy enige diete aanpak of kos net uit jou dieet laat.

Wat aftreksel betref:
Aftreksel self bevat nie baie kaloriee nie maar dit bevat ongelooflik baie sodium (sout)... so veel dat as jy een blokkie aftreksel eet hoef jy vir die res van die week niks sout te eet nie. As jy nie wil water terughou nie en jou hart en are gesond wil hou, verdun die aftreksel baie, soos 1 blokkie per 750ml water of gebruik net water met kruie en speserye van jou eie keuse. Of nog beter: maak jou eie hoenderaftreksel xxx

As die sop nie oorwegend groen is nie, is hy minder effektief.
Hier is die tradisionele koolsop van ons blog af maar maak seker jy hou in gedagte wat bo staan. Dit spaar jou baie kaloriee en geld.

As jy wil gewig verloor om dit net weer op te tel (Detox to Retox) los eerder, jy doen in die langtermyn meer skade as goed!

KOOLSOP
(dié resep is eintlik die hoofbestanddeel van ‘n verskriklike kool-dieet waarop mens blykbaar etlike kilogramme verloor)
6 groot uie
2 groenpepers
1 of 2 kannetjies tamatie
3 wortels
1 pakkie sampioene
1 bossie seldery
‘n halwe kop kool
1 koppie groenteaftreksel
In ‘n lekker diep pot, braai die opgekapte uie tot glaserig.Sny die groenpeper en wortels in stukke en voeg by. Verwyder die buitenste blare van die koolkop, sny die kool in hanteerbare stukke en gooi dit in die pot.Sny die sampioene in stukke en voeg by.Los een of twee blokkies hoender of groente-aftreksel in ‘n koppie water op en gooi by. Gooi sowat agt glase kookwater in die pot, stel die hitte laer en laat dit vir omtrent twee ure lank stadig kook.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/…/onfei…


OEFENING IS DIE BESTE MANIER OM VET TE VERBRAND. JOU HELE METABOLISME SIT IN JOU SPIERWEEFSEL. 

Ons voorouers was nie noodwendig soveel gesonder omdat hulle net ander kosse ge-eet het nie (al speel geprosesseerde kos vol transvette ook 'n rol). Hulle was ook baie meer aktief as ons. So as jy heeldag op die plaas werk en dan moeg by die huis aankom, eet maar wat jy wil. Jy het mos baie energie verbrand! My dieetkundige het 'n oulike filosofie: as sy haar gewone 10km vier maal per week gedraf het, kan sy Saterdae sondig soos sy wil :-) As sy nie gedraf het nie moet sy maar mooi eet :-/

No comments:

Post a Comment