Thursday 11 June 2015

TUISGEMAAKTE SJOKOLADE SOUS VIR DIABETE IN DIE MIKROGOLF


Sonia van Niekerk - Maharaj
TUISGEMAAKTE SJOKOLADE SOUS VIR DIABETE IN DIE MIKROGOLF:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/tuisgemaakte-sjokolade-sous-vir-diabete.html

Bestandele:
220g kakaopoeier
160g tub margarien
230ml water
150ml laevet melk
30g koekmeelblom
12g korrel Natreen versoeter

Metode:
Room margarien. Sif kakao by, hou aan meng met voedselverwerker tot dit ‘n pasta vorm. Gooi die water in ‘n pot en en plaas die kakao/margarienpasta daarin. Verhit tot warm maar nie kookpunt. Roer gedurig. As goed gemeng (nie gekook) plaas terug in voedselverwerker en voeg melk, meel en versoeter by terwyl warm. Meng tot glad. Giet die sjokolade in vorms, ysbakkies of bakkies van jou keuse en plaas in die yskas of vrieskas vir ten minste 6 ure. Haal daarna uit die vorms met behulp van ‘n mes en GENIET!

Nota:
Mens hoef nie maar jy kan ook die meel met oat bran vervang.

No comments:

Post a Comment