Tuesday 7 July 2015

HANDGEDRUKTE KOEKIES MET ROYAL ICING


HANDGEDRUKTE KOEKIES MET ROYAL ICING:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/handgedrukte-koekies-met-royal-icing.html

HANGEDRUKTE KOEKIES:

Bestanddele:
200g botter,
200g suiker,
450g meel,
2 eiers-geklits en
5 ml vanilla.

Metode:
1: Room botter en suiker.
2: voeg eier by en dan vanilla.
3: meng meel by
4: meng tot stywe deeg
5: rol deeg uit en druk formpies uit.
6: bak by 200'C vir 10 min

ROYAL ICING:
(vir prentjies op kleinkoekies)

Bestanddele:
2 Groot eierwitte
4 koppies Versiersuiker
5 ml Vanilla

Metode:
Klits die eierwitte tot styf maar nie droog. Voeg versiersuiker en vanilla by en klits tot stywe punte vorm. Skep van die versiersuiker uit in n bakkie en verdun letterlik DRUPPEL gewys met water tot n dunner versiersuiker wat jy kan spuit maar wat steeds vorm behou. Jy kan dit nou ook kleur. Skep in spuitsak en spuit op koekies.
Wenk: spuit eers n buiterandjie om elke koekie met 'n dun versierbuis, laat droogword en vul dan die binnekante in. Wanneer heeltemal droog, kan jy van die onverdunde royal icing gebruik dit 'n ander kleur maak of wit los, 'n stencil op jou koekie plaas en die versiersuiket oor die stencil 'smeer' en gelykskraap. Die prentjie sal dan op die koekie agterbly as jy die stencil oplig.
Onthou dat die resep rou eierwit bevat. As jy versigtig is daarvoor kan jy by 'n bakkerswinkel soos Bakers Bin, Baking Tin ens. Meringuepoeier koop en die vervaardiger se instruksies volg vir Royal Icing. Dit werk BAIE maklik, jy kan eintlik nie verkeerd gaan daarmee nie. Die gekoopte produk sê egter nie altyd jy kan vanilla ingooi nie, maar jy kan. Ek gooi altyd vanilla in, smaak net lekkerder!


Adele van Schoor fotos:



1 comment: