Friday, 24 July 2015

ONGESUURDE BROOD:


Maggie de Castro

ONGESUURDE BROOD:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/ongesuurde-brood.html

(maak 3)

Bestanddele:
175 g witbroodmeel
1 t sout
1e olyfolie
± 115 ml water

Metode:
Sif meel en sout saam. Kombineer olyfolie en water. Gooi meelmengsel geleidelik in die vloeistofmengsel in en roer totdat dit 'n kniebare deeg vorm (soms is ietwat meer of minder water nodig). Haal uit die mengbak en knie op meelbestrooide oppervlakte totdat die deeg glad en elasties is. Bedek met 'n klam doek of kleefplastiek en laat toe om ± 20 minute te rus. Verdeel in drie ewe groot dele, vorm in bolletjies en rol totdat dun, ronde sirkels vorm. Plaas op voorverhitte nie-klewende elektriese braaipan of gewone nie-klewende stoofpan. Braai totdat blase begin vorm en die deeg begin verkleur. Draai om en braai tot goudkleurig aan die ander kant ook. Verwyder en geniet warm of koud. (Pasella)
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* (Foto: Kids with food allergies)