Tuesday 7 July 2015

VISWORS


Hilda Dates Steyn

VISWORS:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/viswors.html

Bestandele:
6 Lb Vis
1 Lb Skaapstert of Skaaplies
½ Eetlepel Peper
½ Teelepel Naeltjies
4 Worcester sous
1½Eetlepel sout
1 Groot ui gerasper of baie fyn gemaal saam met vis
1 Eetlepel Aromat
1 eetlepel vis speserye
1½ Eetlepel koljander
½ Teelepel Neutmuskaat
½ koppie Asyn

Metode:
Verwyder die meeste grate sover moontlik.
Gooi die speserye eers oor die vis en skaapstert of lies voor dit gemaal word.
Maal vis en skaapstert of skaaplies asook die ui.
Kry wors stoper gereed en begin om wors te stop, maar moenie dit te styf stop nie.
(Bron: Oorlewing)

No comments:

Post a Comment