Wednesday 19 August 2015

HERDERSPASTEI BOBOTIE


Renate Brown

HERDERSPASTEI BOBOTIE:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/08/herderspatei-bobotie.html

Ek kon nie besluit of ek lus was vir bobotie of herderspastei nie, so toe maak ek ‘n konkoksie van die twee en dit was heerlik!

(4 - 6 porsies)

Bestanddele:
1 kg beesmaalvleis
1 dik sny bruinbrood
250 ml melk
2 uie, gehalveer en in skywe gesny
30 ml sonneblomolie
15 ml matige kerriepoeier
10 ml borrie
15 ml fyn appelkooskonfyt
1 eier, geklits
30 ml witwynasyn
lourierblare
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Aartappel bolaag

5 groot aartappels, geskil en in skywe gesny
30 ml botter
100 ml warm melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Eier bolaag

3 eiers
375 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:
Verhit jou oond tot 180 °C.
Kook aartappels vir bolaag tot sag en geur met sout.
Week die bruinbrood tot sag in die melk.
Maak die brood fyn met ’n vurk.
Verhit die olie in ’n pan en braai uie tot sag en effens bruin.
Voeg die kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by en braai liggies vir sowat 2 minute.
Haal die pan van die hitte af.
Meng die maalvleis en brood in ’n mengbak.
Voeg die uiemengsel en die res van die bestanddele behalwe die lourierblare by.
Meng goed en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Plaas die mengsel in ’n oondbak van sowat 30 x 25 cm en druk die lourierblare bo-op.
Sit in die warm oond en bak vir 15 minute.
Klits intussen die eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper.
Haal die bobotie uit die oond en pak die aartappels in lagies bo-op.
Gooi die eiermengsel oor.
Plaas terug en bak verder vir nog 25 minute.

No comments:

Post a Comment