Friday, 28 August 2015

HEUNINGKOEK POEDING


Zettie Venter

HEUNING-KOEK POEDING
Bestanddele:
1 kop koekmeel
halwe kop suiker
halwe kop melk
1 t asyn
1 t vanilla,
halwe t sout
1e appelkooskonfyt
1 t koeksoda
1 eier
Sous:
1 k kookwater
halwe kop suiker
halwe kop botter

Metode:
Meng alles saam en bak teen 180 grade vir 15 min of tot gaar. Kook al die sousbestanddele saam en gooi oor poeding as poeding gaar uit die oond kom.