Monday 7 September 2015

CHORIZOPOFFERTJIES


Chorizo poffertjies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/09/chorizopoffertjies.html
LEWER SOWAT 20 POFFERTJIES
Bereiding: 20 min.
Gaarmaaktyd: 15-20 min.

200 g chorizo, fyn gekap
½groen soetrissie, in klein blokkies gesny
60 ml (¼ k) fyn gekapte stingeluie
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
60 ml (¼ k) olie
250 ml (1 k)
bruismeel
80 ml (¹⁄₃ k)
mieliemeel
3 ekstragroot eiers, geskei
180 ml (¾ k) bier
250 ml (1 k) gekapte pietersielie
125 ml (½ k) gerasperde sterk cheddarkaas
olie vir diepvetbraai

Braai die wors, soetrissie, stingeluie en knoffel in die verhitte olie tot sag.
Meng die bruismeel en mieliemeel.
Klits die eiergele en bier saam en voeg by die meelmengsel. Meng tot glad en laat 30 minute staan.
Meng die worsmengsel, pietersielie en kaas by die meelmengsel in.
Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in.
Verhit genoeg olie vir diepvetbraai en skep ’n paar lepels van die beslag lepel vir lepel in die warm olie. Braai tot bruin en gaar binne. Herhaal met die res van die mengsel.
Skep uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier. Sit warm voor.

Bron: Huisgenoot digitaal

No comments:

Post a Comment