Tuesday 29 September 2015

CORNISH VLEISPASTEIE



CORNISH VLEISPASTEIE        
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/09/cornish-vleispasteie.html

500g aartappels, blokkies wortels
500g sagte vleis, in dobbelsteentjies gesny
1 medium ui - grofgekap
10ml sout
1ml peper
10ml asyn
5ml suiker
500g meelblom
250g botter (275 ml)
yswater
METODE:
Skil die aartappels en wortels dun en sny in dobbelsteentjies.
Meng met die vleis en ui en voeg sout en peper,asyn en suiker by.
Maak gaar op stoof of in drukkooker en sorg dat dit nie te droog is nie.
Laat afkoel.
Berei `n borstertdeeg van die meelblom, botter, sout en yswater.
Rol die deeg 5mm dik uit en verdeel in 8 ewegroot sirkels.
Skep van die vleismengsel op die helfte van elke deegsirkel.
Kwas die kante met koue water.
Vou die deeg oor die vleis sodat die kante opmekaar pas.
Druk die kante goed toe en rimpel om `n mooi rand te vorm.
Kwas met melk of verdunde eier. Bak 200° C,15 min.
Skakel die oond laer na 180° C en bak `n verdere 20 min. om te verseker dat die vulsel gaar word
** Lekker Resepte Vir Jagters en Boere. **29/09/2015

No comments:

Post a Comment