Tuesday 29 September 2015

MOLSHOPE



MOLSHOPE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/09/molshope.html

Ekt bacon en uie apart gebraai.
Mash gemaak, gewag tot dit afkoel.
Als bymekaar gegooi met n eier en bietjie brood krummels.
Toe balle gemaak.
Room en sous gemeng en oorgegooi en toe kaas
. Ek dink ek moes dalk mushrooms en mielies bygegooi het.
**

Hanri Grobler
MOLSHOPE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/09/molshope.html

3 tot 4 lekker groot Aartappels
Groterige klont Margarien
2 - 3 ml Bakpoeier
Sout na smaak
250 ml Room
125 ml gerasperde Cheddar Kaas
Metode:
Skil en kook die aartappels gewoonweg tot sag.
Dreineer en druk fyn.
Voeg die margarien, bakpoeier, sout en 'n bietjie van die room by en klits dit met 'n vurk tot lig.
Smeer 'n oondvaste bak en skep lepelsvol van die aartappels daarin.
Gooi die res van die room bo-oor.
Strooi die kaas dan bo-oor.[ Bloukaas is net so lekker by halveer net die soorte kaas]
Bak dit 20 - 25 minute lank in 'n voorverhitte oond by 180 °C."Helena
Miempie Leid
Ek maak dit gereeld en dit bly 'n treffer - ek sit nie eers margarien of bakpoeier by nie - druk aartappels net lekker fyn en gooi die room en kaas oor - heerlik by 'n braai

No comments:

Post a Comment