Foto: Myburgh du Plessis |
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/10/swartwoud-maaskaastert.html
Krummelkors
■ 1 pakkie (200 g) Oreo-koekies, goed fyngedruk
■ 30 ml gemaalde amandels
■ 80 ml-100 ml gesmelte botter
Vulsel
■ 1 blik (397 g) volroom-kondensmelk
■ 1 houer (230 g) geroomde maaskaas
■ 60 ml vars suurlemoensap
Bolaag
■ 250 ml room
■ 15 ml strooisuiker
■ 60 ml kersielikeur
■ 1 blik (415 g) swartkersies, goed gedreineer (hou ’n bietjie van die stroop eenkant)
■ Grof gekrummelde Flake, sjokoladeblare of
sjokoladekrulle, om mee te versier
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n 22 cm-losboomtertbord met botter. Meng die beskuitjiekrummels, gemaalde amandels en gesmelte botter goed saam en druk dit op die boom en teen die kante van die tertbord vas. Verkoel tot benodig.
Klits die kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap goed saam. Skep oor die beskuitjiesbasis en smeer gelyk. Sit die tert in die oond en skakel die oond onmiddellik af sodra die tert in die oond geplaas word. Los die tert vir 30 minute in die warm oond. Haal uit, laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel tot nodig.
Vir die bolaag: Klits die room, suiker en kersielikeur saam tot stywe punte vorm. Skep of spuit die room in ’n mooi patroon op die tert. Rangskik die kersies bo-op en versier met stukkies Flake of sjokoladeblare of -krulle. As jy wil, kan jy die stroop uit die kersieblik met ’n bietjie strooisuiker meng en afkook. Laat dit goed afkoel en drup die koue kersiestroop oor die tert net voor jy dit voorsit. Lewer 12-14 porsies.
Bron: Landbou kos Deur Arina du Plessis
DIE STORIE AGTER DIE TERT
Elna Kruger van Rheebok, Mosselbaai, is die wenner van ons bakkompetitise se afdeling vir gebakte terte.
Elna het in Mariental, NamibiĆ«, grootgeword. Haar ma was ’n voorslagkok en haar pa ’n jagter en visserman van formaat! As kind het sy graag in die kombuis gehelp, ook menige springbokke help afslag, biltong gesny en die vleismeul gedraai.
Sy het later ’n boervrou van Calvinia geword en op die plaas het sy gebak, geslag en seep gekook – haar gunstelinggoed. Met drie kinders in die koshuis het sy baie vrye tyd gehad om haar eie resepte saam te stel en uit te toets, ’n lekker uitdaging. Deesdae woon Elna in Rheebok, Mosselbaai, waar bak en brou steeds haar passie en stokperdjie is.

No comments:
Post a Comment