Tuesday 24 November 2015

EIERVRY PLAATKOEKIES



EIERVRY PLAATKOEKIES
 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/11/eiervry-plaatkoekies.html                                                   
*my eie verwerking Helena*
375 ml Koekmeel
20 ml Bakpoeier
15 ml Suiker

375 ml Melk
5 ml Asyn

60 ml Gesmelte Botter

Olie vir gaarmaak

METODE
Sif die koekmeel, bakpoeier, suiker en 5 ml sout saam in ’n groot mengbak.
Meng die melk, witasyn en gesmelte botter saam in ’n ander mengbak.
Roer die vloeistof en droë bestanddele bymekaar tot goed gemeng.
Bak die plaatkoekies.

Verhit ’n dun lagie olie oor matige hitte in ’n kleefvrye pan.
Skep lepels vol van die mengsel in die pan.
Wanneer dit goudbruin is, draai die plaatkoekies om en bak die ander kant.
Skep  uit en laat dit afkoel.

Bedien met Heuning of Stroop met skywe Roomys tussen in of aarbeie
N.S>ja ek het sommer bietjie Vla oorgegooi met stroop en roomys en dit was heerlik vir laat aand**Helena Kruger *24/11/2015


 




No comments:

Post a Comment