Sunday 8 November 2015

UIETERT

Uietert
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/11/uietert.html
Bestanddele

1 rol blaardeeg, ontdooi
4 middelslag uie, in dun skywe gesny
4 knoffeltoontjies, fyngemaak
1 bloukaas, in blokkies gesny
1 pakkie spek, gesnipper
1 takkie roosmaryn
3 eetlepel heuning
3 eetlepels balsamiese asyn

Metode

Plaas die deeg in 'n oondbak en vou dit op langs die kante.
Braai die uie stadig in botter en olie vir 20 minute.
Voeg die knoffel, sout, peper en die blare van die roosmaryn by.
Plaas dit bo-op die deeg.
Bak vir 25 minute teen 180 grade.
Haal uit en verlaag die hitte na 100 grade.
Braai intussen die spek tot bros.
Strooi die spek en kaas oor die dis.
Rooster vir 5 minute in die oond.
Meng die heuning en asyn, en sprinkel oor.
Bedien met slaai.

Bron: RSG

No comments:

Post a Comment