Wednesday 30 March 2016

KOOL PIEKELS

KOOL PIEKELS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/03/kool-piekels.html


*eie resep Helena*
1 Klein Koolkop fyn repies gekerf
6 Wortels baie dun gesny of grof gerasper
1 Groen Soetrissie repies gesny en dan blokkies gekap
1 Rooi Soetrissie repies dun gesny
3 Rooi Jalapenos repies gesny
Growwe Sout
SOUS
2 kop Suiker
1t Sout
5 kop Asyn
1 k Water
10 Peperkorrels
3 Knoffelhuisies fyn gekerf
METODE:
Gooi growwe sout in lae oor jou gekerfde kool [nie te veel nie maar genoeg ]
Gooi growwe sout oor jou wortels
Meng Soetrissie en Jalapenos en gooi growwe sout oor  [Kyk foto]
Laat oornag staan
Kook jou sous en laat dit koud word
Spoel jou Groente baie goed af en dreineer goed
Meng nou al jou groente
Gooi 1/2t Mosterdsaad onder in jou bottels
Pak groente in jou bottels en vul met jou asyn stroop[mengsel]wat koud is
Verseel goed en laat staan vir ongeveer 1-2 weke
Helena Kruger *27/03/2016







No comments:

Post a Comment