Thursday, 11 August 2016

SELDERY EN WORTEL PIEKELS

SELDERY EN WORTEL PIEKEL

*eie resep Helena Kruger*
SOUS:
5 k Asyn
1k Water
2k Suiker
2t Sout
1 t Droe Dil
15 Peperkorrels

GROENTE:
7-8 Knoffelhuisies in repies gesny
Seldery en Wortel repies

BOTTELS:
1/2 t Mosterd saad [geel]
1/2 t Mostersaad swart
1/2 t Selderysaad
METODE:
Kook jou SOUS vir 3min
Voeg jou Wortels en knoffel by en kook vir 3min
Gooi jou Mosterdsade en Selderysaad onder in jou voorbereide bottels
Vul jou bottels[warm] met die groente[Seldery repies rou] en gooi jou sous bo-oor
Haal al die borreltjies uit met n sosatie stokkie en verseel dit warm en styf
Laat staan vir ongeveer 2weke voor gebruik*Helena Kruger*11/08/2016

 EN HIER HET EK SELDERY EN CHILLIES EN PREI OOK OP DIESELFDE RESEP GEPIEKEL>Helena Kruger