Wednesday 23 January 2013

AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE / BROOD


 AARTAPPELSUURDEEG BROOD


Frans Odendaal             
Die brood van die aartappelsuurdeegplantjie smaak vorentoe , dit was so warm ek het die plantjie gemaak en brood dieselfde dag gebak




AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappelsuurdeeg-brood.html
2 koppies lou water
1 groot ongeskilde aartappel, in 8 blokkies gesny
3 teelepels suiker
1 koppie meel
½ teelepel sout
Metode:
Plaas die aartappel, suiker en sout in die lou water.
Strooi die koppie meel liggies oor.
Roer dit twee keer.
Sit dit in 'n houer wat twee keer die volume van die beslag kan neem.
Sit doekie oor, sit in plastieksak, en vou die houer toe in 'n kombers.
Laat dit oornag staan.
Die volgende oggend kan jy vir jou 'n halwe koppie uitskep om 'n brood mee te bak.
Sit die res in 'n glasfles in die yskas - jy kan dit tot 3 weke lank so hou.
Hierdie plantjie kan gebruik word vir enige suurdeegbeslag.
As die vloeistof klaar is, kan jy net weer die helfte van die water, suiker, sout en meel byvoeg

Ade Le**RSG)

Aartappelsuurdeegbrood

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappelsuurdeeg-brood.html
300g koekmeel
3ml sout
250ml aartappels, fyngemaak
15ml botter
125ml aartappelsuurdeeg
Gesmelte botter
1`Sif die meel en sout saam.Meng dit deeglik met die aartappels en vryf die botter hierby in.
2.Gooi die aartappelsuurdeeg in die middel van hierdie bestanddele en knie die deeg totdat dit elasties is en van die kante van die bak loskom.
3.Bedek die deeg en laat dit in n warm plek staan om tot omtrent dubbel die grootte te rys.
4.Knie die deeg op n meelbestrooide oppervlak af.
5.Voorverhit die oond tot 200 grade C.
6.Plaas die deeg in n gesmeerde broodpan. Bedek en laat dit weer tot dubbel die grootte rys.
7.Smeer gesmelte botter bo-op die deeg en bak in die voorverhitte oond vir 1 uur. Die brood moet hol klink wanneer dit geklop word...


AARTAPPELSUURDEEG SE BROODRESEP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappelsuurdeeg-brood.html
Aartappelsuurdeeg:
6g saamgeperste suurdeeg (1/4 van 25g koekie suurdeeg of ½ teelepel korrelgis)
10ml suiker
1 medium aartappel
5 ml sout
Louwarm water
1.Meng die suurdeeg met die suiker.2.Skil die aartappel, rasper dit fyn en meng dit met die suurdeegmengsel.
3.Voeg die sout by en gooi die mengsel in n liter-vrugtefles.
4.Voeg genoeg louwarm water by om die fles tot ¾ te vul.
5.Bedek die bottel met die metaalskyf en plaas op n warm plek om te gis.
6.Vul die “plantjie “ na gebruik met dieselfde bestanddele, behalwe die suurdeeg, aan.
7.Wanneer geen suurdeeg benodig word nie, word die “plantjie”(ongeveer ¼) in die fles in die koelkas bewaar*
4x4community




SUURDEEGPLANTJIE-BROOD SUUR NA BAK?

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappelsuurdeeg-brood.html
Ria N. Pieterse

 
Goed ..as jy knie ..moet jou plantjie uitgevars wees, as hy suur is sal jou brood ook suur wees..as jy knie se' maar 4nm insuur..en jy knie so 8nm deeg..laat oornag warm toegemaak rys vir ten minste 8ure (in somer draai ek net in 'n kombers toe, ind ie winter sit ek steeds in 'n kombers maar met 'n bottel louwarm water by)moenie te warm toemaak nie en ook nie wanneer jy dit in panne laat rys nie dit kan ook veroorsaak dat dit suur word..knie af, sit deeg in gesmeerde panne, laat rys op 'n louwarmplek tot deeg entjie bo panne is, as jou deeg goed gerys het sal dit weer rys binne 2ure tyd ..plaas in voorafverhitte oond van 180gr C en bak 1 uur lank. Dit sal effens hoe'r rys binne die eerste kwartier, daarna sal dit net bak. Smeer dadelik water of botter oor kors as jy uit oond haal, laat staan om heeltemal af te koel voor jy sny. Ek sny die brood klaar en pak in sakkie en vries en haal snye uit soos nodig.. Proe altyd vars gebak op die manier.
Ria N. Pieterse
Jy skep omtrent 'n eetl ou aartappel uit..so daar moet altyd sowat 2 eetl aartappel in bottel gehou word vir jou insuur as plantjie..jy moet maar elke keer sowat 1 eetl uitskep anders raak dit te veel...of maak daarmee 'n 2de plantjie wat jy kan uitdeel vir iemand anders..gooi bietjie vloeistof van jou plantjie by..as die insuurvloeistof te min is vul aan met louwater, die aartappel moet altyd bedek wees anders word dit swart. Ek maak my plantjie: 1 blokkie vars suurdeeg/ 1 pakkie kitssuurdeeg, 1 eetlepel hoogvol sout, 2 eetlepels hoogvol witsuiker, 1 medium aartappel geskil en gerasper en louwarmwater in 'n 1 Liter consolbottel. Die water moenie te warm wees nie en moenie die bottel te dig toemaak nie..laat staan op 'n warmplek om te rys


TRADISIONELE AARTAPPELSUURDEEGPLANTJIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappelsuurdeeg-brood.html
12:00

Bestaande plantjie in bottel
rasper of sny nuwe med aartappel by
3 hoogvol eetl suiker
1 plat eetl sout
Metode:
Roer in met sterk lou water (nie te warm nie)
Laat staan in coolbag in venster bank vir hitte (nie direk nie)
Vannaand:
2,5kg + 4 k koekmeel
4 k suiker
bietjie sout
500 g margarien
Metode:
Vryf in droë bestanddele in en maak aan met plantjie (afgegooi van die aartappels)
+ nog so ± 800 ml louwarm water. Knie deur tot lekker deeg en maak
toe in swart sak en komberse vir nag.
Môre oggend:
Knie af en maak bolletjies. Hierdie hoeveelheid is genoeg vir
4 groot panne en pas in oond. Laat rys tot vol en bak dan vir
volle uur op 180 - 160C of tot ligbruin en gaar

AARTAPPELSUURDEEG RESEP NR 1

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappelsuurdeeg-brood.html
2 medium aartappels
500 ml gekookte water
3 ml aktiewe droë gis of 5 g persgis
125 ml lou water
25 ml suiker
10 ml sout
fles met deksel
Metode:
1. Was, skil en rasper die aartappels, gooi kookwater oor en laat afkoel.
2. Week die gis in die 125 ml lou water.
3. Meng die suiker, sout en geweekte gis goed met die lou aartappelmengsel, gooi in die fles en skroef toe maar nie styf vas nie.
4. Maak warm toe en laat vir 6 tot 8 ure lank of oornag op 'n warmerige plek staan. Die suurdeer sal skuimerig word en fles vul of selfs uitloop as die gis baie aktief is. Daarom moet die fles nie dig toegeskroef word nie, want dit kan bars.As dit te lank gelaat word verswak die gis.Afname in volume is teken daarvan.
5. Hou 250 ml gis in die toe fles vir 'n plantjie. Syg die res deur 'n draadsif as die aartappels grof gerasper is of gebruik net so as dif fyngerasperde aartappels is.
6. Knie volgens die insuur- of direkte deegmetode.
Opmerking:
As jy weer insuur vir bak word nie weer gis bygevoeg nie, dan kom net aartappels, suiker, sout en lou water by om bottel weer te vul. As jy merk die plantjie verswak kan daar weer gis bygegooi word. Of maak nuwe plantjie van vooraf.
NB: Ek myself rasper nie die aartappels vir insuur nie, ek skil dit af en sny dit in dun skywe en gooi dit in die bottel saam met die res van die bestanddele. bydrae: Magda van Wyk

RESEP 2 - AARTAPPELSUURDEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/aartappelsuurdeeg-brood.html
2 medium aartappels geskil en gerasper
25ml suiker
500ml kookwater
10ml sout
3ml aktiewe of persgis
125ml lou water
fles met deksel
Gooi kookwater oor aartappels en laat afkoel. Week gis in 125ml lou water. Meng suiker , sout, en gewwkte gis goed met die lou aartappelmengsel, gooi in fles en skroef toe. Nie styf nie. Maak warm toe en laat 6 tot 8 uur lank op warm plek staan. Die suurdeeg sal skuimerig word en die fles vul, of selfs uitloop as gis baie aktief is. As gis te lank gehou word sal gis verswak. Hou 250ml gis in fles vir plantjie. Syg die res deur draadsif. Knie volgens insuur of direkte deeg metode.
Opmerking:- Die plantjie sal 8 tot 10 dae lank op ´n koel plek goed hou. As dit weer aangemaak word, word daar nie weer gis bygevoeg nie, net die res van die bestandele, as plantjie metertyd verswak met ´n klein hoeveelheid gis bygevoeg word, of ander kan ´n nuwe plantjie gemaak word.  bydrae: Petro van der Westhuizen*Ade Le

1 comment:

  1. Wow... Baie Dankie vir die raad en resepte.

    Ek get wel 'n paar vrae
    1. Ek het die volgende resep gebruik
    a. 1 Geskilde en gerasperde Aartapel
    b. 2 Eetlepels suiker
    c. 1 Eetlepels sout
    d. 1 Pakkie pers kits suurdeeg
    e. 1 lt low warm water

    Vrae.
    1. Ek't verneem die Aartapels moet bo bly..? Myne sak af.
    2. Wanneer gebruik mens die aftreksel?
    3. As my resep sê ek moet 600ml water gebruik... Hoeveel van die plant gebruik ek of moet ek die hele 600ml van die aftreksel(Plant) gebruik?
    4. Hoekom so baie resepte?
    5. Watter een is die BESTE?

    ReplyDelete