Wednesday, 23 January 2013

SKONS




 KAASSKONS IN JOU "SNACKWICH
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skons.html

*My Eie Resep Helena*
4 eetlepels Olie
1 Eier
¾ koppie Melk
1 koppie meel
2 Teelepels bakpoeier
1 ½ koppie Geraseperde Kaas
1t sout
Metode*
Meng alles saam en dan maak jy dit in die “snackwich” gaar!
N.S.jy kan gerasperde ui in gooi..*.ham..*.Spek gebraai en ek het dit laat afkoel en gerooster op die kole saam met my braai heerlik..die manne was mal daaroor****** Helena Kruger**




<<<


Peppadew South Africa



Add a few finely chopped Peppadew Jalapenos next time you make your favourite cheese scone recipe.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skons.html






KAAS EN BACON SKONS

om op n geurige maalvleis gereg of Bredie te plaas.
1 klein ui fyn
4 repe bacon fyn
500 ml bruismeel
5 ml droe mosterd
5 ml sout
50 g botter
250 ml gerasperde kaas
15 ml fyn pietersielie
160 ml melk
Metode:
Braai ui en bacon, koel af. Sif meel, sout en mosterd. Vryf botter in en meng met uiemengsel, kaas en pietersielie. Meng liggies en druk 2,5 cm plat, druk skons uit. smeer bietjie melk oor, sit op warm kasserol bak 15 min by 200*C Helena  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skons.html



LEMONADE SKONS
4 kop self raising meel
1 x 330 ml lemonade
300 ml room en
knippie sout.
Metode:
Verhit oond tot 220. Meng als saam en druk uit op meelbestrooide oppervlak, tot 2 cm dik. Sit op bakplaat en bak 10-15 min lank tot ligbruin bo op. So lig en lekker http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skons.html






Foto<<Helena Kruger.
AANMEKAAR SKONS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skons.html

4 koppies Meel
8 teelepels Bakpoeier
Sout
3 eetlepels Suiker
4 eetlepels Botter (hoog vol)
2 Eiers
1 koppie Melk
Metode:
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg suiker by. Vryf botter in meel mengsel. Klits eiers saam met melk. Maak aan. Voeg nog melk by as deeg te styf is. Skep lepelsvol teen mekaar in gesmeerde bak. Bak by 180ºC tot gaar. Ou Boere resepte*Helena .



DOODVREET SKONS
4 koppies bruismeel (gesif)
1 teelepel sout
1½ teelepel bakpoeier
2 groot eiers
½ koppie olie
1 houer karring melk vir aanmaak
2 teelepels wit suiker
Metode:
Meng droë bestandele. Meng die olie , eiers en melk tot glad. Roer droë bestandele in. Deeg moet slap wees (maar nie loop nie ) Skep in muffin pannetjies en bak tot mooi bruin!!!!!!20/10/10
Joey Badenhorst Lotter http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skons.html
 
FLATERVRYE SKONS
1 kp melk
6 kp meel
250g margarine
3-4 eiers
1 kp suiker
1 teel sout
10 teel bakpoeier
Metode:
Meng suiker, sout, bakpoeier en veel, vryf margarine in. Meng eiers en melk en gooi by meelmengsel. Meng goed tot ‘n lekker elastiese deeg.Druk deeg plat op meelbestrooide oppervlak, nie te dun nie, en druk af met ‘n glas. Plaas op voorbereide bakplaat en bak vir 15min by 200°C. Bedien met lekker tuisgemaakte konfyt en room 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skons.html

SKONS MET SPRITE
500g self raising meel
250ml vars room
5ml sout
250ml Sprite Zero
Metode:
Voor verhit die oond tot 220°C. Meng al die bestandele goed, skep in muffin pan. (6 maak lekker groot skons) en bak vir 15min of tot toets pen skoon uitkom. *Carol Elliott Claassen*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skons.html

WARM KAASSKONS
500m bruismeel
2ml sout
1 eier
150ml melk
25ml kookolie
125g botter of margarine
300ml gerasperde cheddar kaas
5ml mostertpoeier
2ml rooipeper
Metode:
Stel oond op 200°C. Sif bruismeel en sout saam. Klits eier, melk en olie saam, sny die vleistof met ‘n slaplemmes in die droë bestandele in tot gemeng. Plaas deeg op meelbestrooide oppervlak, druk liggies plat en druk 12 skons af. Plaas skons teenmekaar in ‘n bakskotel van 23cm. Smelt botter en kaas saam oor lae hitte en voeg mostertpoeier en rooipeper by. Gooi oor skons. Bak 12-15min en sit dadelik voor.*Wenresepte
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skons.html

KAASSKONS
500ml meel
20ml bakpoeier
2ml sout
5ml mosterd[op]
250ml kaas
80ml olie
1 eier
+- 180ml melk
Metode:
Sif droee bestd.
Voeg kaas by
Meng olie en eiers
Maak aan met melk<<Skep in vlak kolwynpannetjies en bak so 15min by 180*C
Dit is maar die lekkerste skons!!!
Helena 8/3/11"Moeder
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skons.html


 



MAKLIKE KAASSKONS


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skons.html
Nota:  pas die sout en rooi peper aan, ons vind een teel van elke is bietjie baie. 1/2 van elk is genoeg indien verkies
1 Koppie meel
1 koppie melk
1 koppie gerasperde sterk kaas
2 teelpels bakpoeier
1 teelepel sout en so 1 teelepel rooipeper as jy wil.
Meng lekker deur en bak in kolwyntjiepan ...so 20 min by 180grade.!!!!!!!Baie Dankie Elza Jamneck!!9/3/11*Foto Helena Kruger*12/01/2016

                                                Maklike Kaasskons*foto Helena Kruger





PETRA SE SAVORY SKONS 


1 Koppie bruismeel,   
of gewone koppie koekmeel en 10ml bakpoeier.
Vat dan nog 'n koppie (250ml) gooi
70ml olie daar in en 
1 eier,
vul dan die res van die koppie met melk.
Klits en gooi by die meel en meng.

Gooi nou by wat jy wil, jy kan soos ek, 'n koppie gerasperde kaas ingooi, en/of bacon bits, pietersielie, of lekker fyn biltong. Sit jou sout en/of peper of bietjie paprika en ander geurmiddels by. Ek het net sout by want my kind hou nie van te veel spice nie. Meng goed, skep lepelsvol in pannetjie en bak in oond 180gradeC, vir so 10 tot 15 minute of totdat so lekker goudbruin is. 
WAARSKUWING! Maak maar dubbeld aan want 12 is nie genoeg vir my mense nie, lol http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skons.html  



 REUSE SKONS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/skons.html

5x250ml bruismeel
12.5ml bakpoeier
3ml (1/2t hoogvol)sout
175g yskoue botter of margarien
3 eiers 
500ml karringmelk
175ml gewone melk

Metode:
Voorverhit oond tot 180°C. Spuit groot muffinpan met 12 holtes kan ook in die heel grote met 6 holtes gebak word ma ek gebruik die 12 een.
Sif bruismeel bakpoeier en sout saam.
Vryf botter of margarien met vingerpunte in die mengsel totdat soos growwe broodkrummels lyk.
Klits die eiers karringmelk en 100ml gewone melk saam. Sprinkel dit oor die meelmengsel en werk dit liggies met mespunt in. Dit moet so min as moontlik gemeng word en die deeg sal nog klonterig wees. Voeg net die res van die melk by indien die mengsel te droog is. Skep in muffinpan se holtes tot heeltemal vol en bak vir 30-35 min lank. 
As 6 reuse skons gebak word maak dit na 30 min toe met foelie en bak vir nog 15 - 20min tot gaar dit moet net mooi bruin wees bo op. 
Onthou dis nie nodig vir die 2 de deel van bak proses, as jy die muffinpan met 12 holtes gebruik nie.
Geplaas deur: Annette Carstens‎

No comments:

Post a Comment