Wednesday 23 January 2013

SUIKERBROOD


SUIKERBROOD
3 eiers, vir 9 minute lank geklits
125 mℓ suiker
125 mℓ meel, gesif
knippie sout
Metode:
Klits die suiker bietjie vir bietjie by die eiers. Gooi ook die sout by. Vou die meel bietjie vir bietjie by die mengsel. Smeer ’n broodpan met botter en gooi die mengsel in. Bak by 180ºC vir 40 minute. Keer die pan om op ’n draadrak. Die brood sal self uitval.  "Ina" 18/8/11



SUIKERBROOD
5 eiers
1kp strooisuiker
Gewig van 3 eiers in meelblom
Sout
Skil van 1 suurlemoen
Sap van ½ suurlemoen
Klits die geel van die eiers en suiker saam vir ½ uur, rasper die skil in. Sif die meelblom en sout in, roer goed, dan die sap van die suurlemoen, vou die drooggeklitste wit van die eiers in.  Bak in ‘n ongesmeerde suikerbroodvorm in ‘n matig-warm oond vir omtrent ¾ uur. *Lekkerkos*  Rina 2/10/2011

No comments:

Post a Comment