Wednesday 23 January 2013

BRUIN-BROOD


KNIëVRYE BRUINBROOD IN ’n KITS
 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/bruin-brood.html
GAAN BAK HOM NOU, DIS HEERLIK!!!!
Kan hierdie knievrye brood blitsig saamslaan. Die resep is van Doris Grant, ’n Britse huiskok wat in die 1940’s al besef het alle brooddeeg het nie ’n geknie nodig nie.
Nog nooit brood gebak nie, wel dan is dit nou jou beurt om jou vriende
te bederf en groen van jaloesie te maak. Glo my hulle gaan dié resep vir jou vra. Jy kan hierdie resep ook gebruik vir ‘n potbrood buite.
600g volkoringmeel [4½ x 250ml]
300g witbroodmeel saam met [ 2 x 250ml]
7,5 ml sout,
5 ml suiker
’n pakkie kitssuurdeeg.
850ml louwarm water
2 E olyfolie
METODE
Meng nou 850 ml louwarm water en twee eetlepels olyfolie deeglik daarin.
Smeer twee kleinerige lang broodpannetjies met olie, skep die mengsel daarin oor en laat dit onder kleefplastiek rys tot dubbelgroot, so 30 minute of 1 groot boerbrood pan.
Bak teen 200 °C vir 25 minute, haal die brode/brood uit die pannetjies/pan en bak vir nog 5 minute vir ’n goeie korsie. [ek skakel oond af en laat die brood daarin vir 5/10 minute.]
Beteuel jou tot dit effens afgekoel is, sny en smul.
En mag jou brood vanjaar aan albei kante gebotter wees, met appelkooskonfyt!
Berie Smith*Kos vir kampeerders met idees vir kampering


RINA SE LEKKER BRUIN BROOD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/bruin-brood.html

Hierdie broodjie is gebore uit baie probeerslae, en nou het ek ‘n broodjie wat nie sooibrand gee nie, en heerlik is.
3 kp nutty wheat
2kp bruin broodmeel
½ kp wit broodmeel
1 kp semels
60ml sonneblomsade
15ml sout
45ml bruinsuiker
1 x 10g pk kitsgis
3 kp lou water
Koue melk om oor te smeer
Metode:
Smeer ‘n groot brood pan of 2 x kleintjies of ‘n muffinpan en ‘n broodpannetjie
Meng al die droë bestandele en maak aan met die lou water. Skep die deeg in die voorbereide pan/panne en sit in die lou oond om te rys tot dubbel die grootte.
Voorverhit die oond tot 180°C. Bak vir ongeveer 45min tot die brood mooi bruin is en hol klink as jy daarop klop. Haal die brood uit, sit op afkoel rak en verf met koue melk om ‘n lekker korsie te kry.
VARIASIE Jy kan een klein broodjie bak en die res van die deeg in jou muffin pan skep en klein broodjies bak. Sorg net dat jou muffin pan en broodpan gelyk in die oond kan ingaan en haal die muffin broodjies uit na ongeveer 30min.*My eie resep Rina*

No comments:

Post a Comment