Wednesday 23 January 2013

ASBROOD


ASBROOD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/asbrood.html

Bestanddele:
750 ml bruisbroodmeel
25- ml witbroodmeel
10 ml bakpoeier
2.5 ml sout
500 ml karringmelk
So gemaak:
Meng droë bestanddele en maak aan met karringmelk. Druk deeg plat (± 3 cm dik) op 'n groot stuk aluminiumfoelie. Vou dig toe in foelie maar laat ruimte om te rys. Plaas op half uitgebrande kole en gooi toe met oorblywende kole. Bak ongeveer 45 minute.  *Boerekos *16/8/10 Helena *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


    FOTO** VAN FRIEDA GREYLING SE LEKKER ASKOEKE EN FOOTLONG BROODJIES




ASKOEKE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/asbrood.html
18 koppies koek en broodmeel gemeng.
3 pakkies kitsgis.
30ml sout.
145ml suiker.
8 en n halwe koppies lou warm water,
45 ml olie.
Meng als en knie baie goed.
Laat rys tot dubbel die hoeveelheid.
Knie af. Laat weer rys.
Neem n groot stuk deeg en rol dit op n meelbestrooide oppervlak, soos n dik wors.
Druk dit dan goed plat, + - 2cm.
Sny die verlangde grotes.
Laat weer rys op n meelbestrooide tafel.
Bak dan stadig al 4 kante op n rooster . Of n swartysterplaat op gasbranders.
Dit vries baie goed. Dieselfde deeg, jy kan dit deur 3 deel, maak so 15 vetkoeke. Heerlik en veerlig.
*Frieda Greyling*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


ASKOEKE
 Footlong Broodjies


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/asbrood.html
18 Koppies brood en koekmeel , gemeng
3 pakkies gis
30 ml sout
135ml suiker
8 en n halwe koppie louwarmwater , gooi 45ml olie by.
Sit alles in groot skottel, voeg louwarm water by en knie goed.
Laar rys tot dubbel
Knie af en laat weer hoog rys.
Vat stuk deeg, hanteer min, en rol in dik wors ,op n meelbestrooide oppervlak, druk plat, +- 1 en n half cm hoog en sny in verlangde porsies.
Laat weer rys
Braai op rooster of ysterplaat al 4 kante. Dit vries baie goed, maak 1 min op 100 krag warm en dis weer doeksag!
Die resep maak ook heerlike veerligte vetkoeke. Volg dieselfde metode, bak in warm olie
 ek kry uit die 18 koppies meel, 30 footlong uit of 28 groot vierkantig vir burgers of 40 klein ontbyt askoeke.
*Frieda Greyling*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
















No comments:

Post a Comment