Wednesday 23 January 2013

TUISGEMAAKTE WITBROOD


TUISGEMAAKTE WITBROOD

1 pakkie (10 g) kitssuurdeeg
15 ml heuning
315 ml warm water
250 g witbroodmeel
250 g koekmeel
5 ml sout
Meng die witbroodmeel en koekmeel saam met die sout in ’n groot mengbak.
Gooi die suurdeeg by.
Meng die heuning met die warm water.
Maak ’n holte in die meel en gooi die heuningwater in.
Meng alles saam met jou hande en begin die deeg knie.
Knie die deeg verder op ’n meelbestrooide oppervlak vir minstens 10 minute.
Sit die deeg in ’n skoon bak en bedek met kleefplastiek.
Laat die deeg op ’n warm plek rys tot dubbel die grootte.
Knie dit af en sit in ’n gesmeerde broodpan.
Laat weer tot dubbel die grootte rys.
Bak die brood vir ongeveer 30 minute in ’n oond van 200 °C.
Een manier om te toets of die brood gaar is, is om daarop te klop - dit moet ’n hol geluid maak.
Smeer ’n klein bietjie botter boop die brood vir ’n mooi glans.
Sit voor saam met konfyt.
Bron: Sarie Kos*Henriette Wessels




BROOD

2 koppies broodmeel
2of 3koppies koekmeel(kan 1 kop vervang met Nutty wheat)
1 tl sout
1 pakkie gis
± 1½ kop water
Meng alles en knie
Knie van hande af met botter/margarine
Smeer pan goed en laat rys vir halfuur na 40 min en bak vir 40 min by 180°
Haal uit en smeer lekker botter regoor en maak toe om te sweet DAWIE 3/1/11 NICE!!! Dankie Dawie Kruger!!!dit was lekker en n Pragtige brood!!!Helena ♥



ANCOISE SE LEKKER BROOD

Ancoise Strydom
5 Koppies Koekmeel
1 Pakkie kits gis van Anchor
10 ml sout
Meng goed
Neem 1 koppie kookwater gooi 50 ml gouestroop in (dit laat die brood mooi verbruin) en 80 ml kookolie
Meng en gooi nog 1 koppie kouewater by
Voeg by die droe bestandele en knie tot elasties
Laat bedek oppervlak met n plastieksakkie of gladwrap wat met spay en cook gespuit is.
Laat rys vir ongeveer n uur tot dubbeld volume
Knie af sit in broodpan en laat rys tot pan vol is
Bak in vooraf verhitte oond 180C vir 45 min**21/01/13
n.s>
Die brood is regtig maklik en kan selfs as Pitza , doughnuts en roosterkoekies gebruik word>> Dis n baie fyn sagte brood en heerlik as potbrood en maak heerlike toast broodjies.

BROOD 

Bestanddele
1 kg Koekmeel
1 Pakkie Droë gis
2 e Olie
2 e Asyn
20 ml Sout
10 ml Suiker
1 l Water
Metode
Meng al die droë bestanddele saam.
Meng die water met die olie en asyn.
Meng nou die water en die meel.
Verdeel nou tussen 2 broodpanne.
Bak teen 180C vir 1 uur.
Wenk
Die brood kan in 'n koue oond geplaas word, direk na dit gemeng word. Skakel nou die oond aand. Die brood sal rys. Indien jou oond vinnig warm word, skakel die oond aan teen sowat 50C. Plaas die twee broodpannetjies in die oond, totdat die brood gelyk met die pannetjie gerys het. Om die brood anders te maak, kan gerasperde kaas, of gekapte sondroog tamaties oor die brood gestrooi word.  " boerekos" 15/7/10




WITBROOD
60ml warm water
12,5ml suurdeeg
2 kp melk tot onder kookpunt verhit
25ml gesmelte botter of olie
10ml sout
25ml suiker
6 x 250ml witbroodmeel
Gooi wat in ‘n bak, voeg suurdeeg by en laat staan om te gis. Roer afgekoelde melk, botter en suiker in tot dit goed gemeng is. Roer 750ml meel in, 250ml op ‘n keer. Voeg nog 250ml by en klop tot dit glad en elasties is. Voeg nog 250ml by om ‘n buigsmae deeg te kry. Strooi 125ml meel op plank. Keer deeg daarop uit en hou die deeg met ‘n lagie meel bedek, terwyl dit geknie word. Knie totdat dit nie meer aan die plank vassit nie. Plaas in ‘n gesmeerde bak, bedek met gesmeerde plastiek en ‘n doek en laat sowat
1 ½ uur op ‘n warm plek rys. Slaan deeg terug en vorm dit in 2 brode. Plaas in broodpanne, bedek en laat rys vir nog ongeveer 45min of tot dubbel die grootte. Bak sowat 45min by 190°C. Brood sal hol klink as hy gaar is wanneer jy daarteen klop.*Na jou smaak*

60ml warm water
12,5ml suurdeeg
2 kp melk tot onder kookpunt verhit
25ml gesmelte botter of olie
10ml sout
25ml suiker
6 x 250ml witbroodmeel
Gooi wat in ‘n bak, voeg suurdeeg by en laat staan om te gis. Roer afgekoelde melk, botter en suiker in tot dit goed gemeng is. Roer 750ml meel in, 250ml op ‘n keer. Voeg nog 250ml by en klop tot dit glad en elasties is. Voeg nog 250ml by om ‘n buigsmae deeg te kry. Strooi 125ml meel op plank. Keer deeg daarop uit en hou die deeg met ‘n lagie meel bedek, terwyl dit geknie word. Knie totdat dit nie meer aan die plank vassit nie. Plaas in ‘n gesmeerde bak, bedek met gesmeerde plastiek en ‘n doek en laat sowat
1 ½ uur op ‘n warm plek rys. Slaan deeg terug en vorm dit in 2 brode. Plaas in broodpanne, bedek en laat rys vir nog ongeveer 45min of tot dubbel die grootte. Bak sowat 45min by 190°C. Brood sal hol klink as hy gaar is wanneer jy daarteen klop.*Na jou smaak*


WHITE BREAD

250ml milk
80ml sugar
80ml butter
15ml salt
60g active dry yeast
12 cups all-purpose flour
750ml warm water
2 eggs
Heat the milk to luke warm. Mix n the sugar, butter and salt. Sprinkle in the yeast and set aside for 10min. Place the flour in a large bowl. Slowly mix the liquids. Add the eggs and mix, knead for 10min or until a smooth ball forms. Cover and allow to rise twice in size. Punch down, shape into loaves or divide into 3 equal portions. Place in greased loaf pans. Allow to rise at least double in size. Bake in a 180°C oven for 40-45min. Remove from pans and cool on a wire rack. * Simply, delicious cooking*
NOTES:
For a soft top bread, sprinkle it lightly with flour, to give a delicious crusty finish to the bread, dissolve 1 teaspoon of salt in ½ cp of water and brush over the top of the dough. For a golden sheen, brush the top with milk *Kosmater



TUISGEBAKTE WITBROOD

1 pakkie (10 g) kitssuurdeeg
15 ml heuning
315 ml warm water
250 g witbroodmeel
250 g koekmeel
5 ml sout
Meng die witbroodmeel en koekmeel saam met die sout in ’n groot mengbak. Gooi die suurdeeg by. Meng die heuning met die warm water. Maak ’n holte in die meel en gooi die heuningwater in. Meng alles saam met jou hande en begin die deeg knie. Knie die deeg verder op ’n meelbestrooide oppervlak vir minstens 10 minute. Sit die deeg in ’n skoon bak en bedek met kleefplastiek. Laat die deeg op ’n warm plek rys tot dubbel die grootte. Knie dit af en sit in ’n gesmeerde broodpan. Laat weer tot dubbel die grootte rys. Bak die brood vir ongeveer 30 minute in ’n oond van 200 °C. Een manier om te toets of die brood gaar is, is om daarop te klop - dit moet ’n hol geluid maak. Smeer ’n klein bietjie botter boop die brood vir ’n mooi glans. Sit voor saam met konfyt*
Adéle Van Zyl Filmalter


OUMA SE BROOD

1 kg koekmeel
1 pakkie droë gis
30 ml Olie
30 ml Asyn
20 ml Sout
10 ml Suiker
600 ml lou water
Meng al die droë bestanddele saam.
Meng die water met die olie en asyn.
Meng nou die water en die meel.
Laat rys vir 2-3 ure
Verdeel in 2 broodpanne. (Laat rys vir nog 'n half uur)
Bak teen 180 grade C vir 1 uur *
Carol Elliott Claassen


BROOD BêRE MENGSEL

1.45 kg Koekmeel
20 ml Bakpoeier
20 ml Sout
15 ml Kremetart
8 ml Koeksoda
340 ml Vetvrye melkpoeier
500g Botter
In n groot houer, meng al die droe bestandele, vryf botter in.
Bere in lugdigte houer.
Vir gebruik word net water bygevoeg. ( van pannekoek tot brood ) gebruik jou verbeelding.
Ek gebruik dit om pizza op die kole te maak, druk dit plat met die hand ( dis nou nadat jy dit aangemaak he met water tot rolbare of hanteerbare deeg ) braai aan een kant, dop om plaas jou gunsteling pizza vulsel op, terug op vuur tot kaas gesmelt is en whoalla!!!! Renette Geerdink ( Mosselbaai) 6/1/11



BASIESE BROODRESEP

Met hierdie veelsydige, basiese broodresep kan jy gewone brood, potbrood,roosterkoek, vetkoek en self askoek bak.
VIR 2 BRODE
1kg (7kp) witbroodmeel of helfte Nutty wheat en helfte witbroodmeel
2 teel suiker
1 teel sout
1 pakkie (10g) kitsgis
1 eetl olie
Ongeveer 2 kp louwarm water
Meng die droe bestandele en gooi genoeg louwater by om ‘n hanteerbare deeg te vorm.
Knie die deeg tot glad. Sit die deeg in ‘n gesmeerde bak en bedek met kleefplastiek. Laat staan dit vir 15min op ‘n warm plek totdat die deeg in volume verdubbel het. Dis nou reg vir gebruik.*
WEG TYDSKRIF



55 MINUTE BREAD

1 1/8 cup warm water
1/3 cup oil
1/2 tsp. salt
1/4 cup sugar
2 packages dry yeast
1 large egg (beaten)
4 cups all purpose flour
Combine water, oil, sugar, and yeast. Let rest 15 minutes. Add salt and egg. Mix well. Stir in flour. Knead on lightly floured surface until smooth. Shape immediately into rolls, buns, pizza crust, cinnamon rolls, etc. Let rest for about 10 minutes. Bake at 210 C for about 15 minutes or until brown.To use as pizza crust, use olive oil and bake it a little longer.This actually takes 45 to 55 minutes from the time you start until you can put it on the table. This is a VERY versatile recipe. You can use it for dinner rolls, pizza dough (make a double batch – a single batch isn't quite enough for 2 big pizzas), fry bread, cinnamon rolls, etc. It makes about a dozen rolls.
*
Carol Elliott Claassen 



MELKBROOD

15 g kitsgis
250 – 300 ml milk
1 teelepel strooisuiker
450 g sterk broodmeel
1 teelepel sout
100 ml olyfolie
Metode:
1. Meng die gis met 150 ml melk en die suiker.
2. In ‘n aparte mengbak, meng meel, sout en olie. Vryf die olie in.
3. Meng die meel en melkmengsel en voeg geonoeg van die melk by om ‘n klewerige deeg te vorm.
4. Knie deeglik tot die deeg nie meer klewerig is nie.
5. Bedek met ‘n doek en laat dit in ‘n warm plek rys tot dubbel die grootte.
6. Knie weer vir so 5 minute en vorm dan vier 30 cm lang ronde brooodjies.
7. Laat dit staan tot grootte verdubbel en bak dan teen 200* C.
Kan ook as potbrood gebak word.1/11/11 Dankie Kampeerders gaan dit beslis die naweek maak!@!!Helena Kruger*
Kos vir kampeerders met idees vir kampering



KORINGROERBROOD

[uit ouma se kombuis]
5 x 250 ml gaar koringkorrels
6 x 250 ml bruinbroodmeel
2 x 10 g kitssuurdeeg
25 ml sout
60 ml bruinsuiker
125 ml kookolie
1 liter louwarm water
Meng die koringkorrels, bruinbroodmeel, suurdeeg en sout in´n mengbak. Plaas die suiker, olie en water in ´n ander mengbak en roer tot goed gemeng. Voeg dié mengsel by die droë bestanddele en roer goed deur. Skep die deeg in twee gesmeerde broodpannetjies Laat op ´n warm plek rys tot gelyk met die borand van pan. (Dit duur sowat ´n halfuur; die brood rys ook terwyl dit bak.) Stel intussen die oond op 200C. Wanneer die deeg gereed is, bak sowat een uur tot gaar in die voorverhitte oond. Die brood is gaar as ´n mens ´n hol klank kry wanneer jy dit onder met die kneukels klop  4/11/11*
Kos vir kampeerders met idees vir kampering



MA’S N’KANA BREAD

(Ouma – Fourie 1949
2 kg flour, sieve into a bowl and sprinkle on
1½ tsp salt.
Into a jug pour
500ml hot water with
¼ cup oil, then into a small dish put
2 tsp sugar and a rounded
dessertspoon cake of yeast, mix until liquid.
Now mix all ingredients, knead well, cover and leave to prove for 1½ hours, knead again, then place into your pan, let it rise for about 1 hour.**
Betty Jeanson
My Ouma originally from Zeerust used to make this bread
when she lived in Zambia:





HEERLIKE BROOD

 [GEEN KNIE NODIG NIE EN FLATERVRY, BAK DIT GEREELD - HEERLIK!!!!]
[Ek gebruik Spar se stonemilled broodmeel.]
3 Koppies ongesifte bruinbroodmeel
2 Koppies Koekmeel
1 Gelyk eetlepel sout ...
1 Eetlepel heuning
2 koevertjies kitsgis
1 Eetlepel kookolie
3 – 4 koppoes lou kraanwater
Ek gebruik ’n groot broodpan, maar jy kan ook 2 kleiner broodpannetjies gebruik. Al is die kleefvrye panne, spuit maar altyd met bietjie kossproei middel.
Meng alles saam met ‘n houtlepel en gooi soveel water by dat die deeg voel soos die deeg van ‘n vrugtekoek. Sit dit dan in ‘n gesmeerde pan en laat staan vir 1 uur lank, naby hitte sodat die brood kan rys. Bak in ‘n oond van 200 Grade vir 25 – 30 minute. Moet hol klink as jy daarop klop met jou kneukel. Sulke brood met vars plaasbotter is spyse van die gode!
Jy kan nou ook die resep gebruik vir ’n potprood.
Jy kan ook verskillende soorte meel gebruik en eksperimenteer.
Jy kan ook fyn biltong by gooi vir ’n biltongbrood.
Verouderde gerasperde kaas en knoffel vir knoffelbrood.
’n Blikkie chakalaka of roommielies.
Fetakaas gekrummel en gekapte sondroog tamaties.
Goed gedreineerde [gevriesde] spinasie en kaas/sondroog tamaties.
Speel lekker rond met die resep met jou eie idees.
 

Geplaas deur: *Berie Smith


BROOD

Elsa Van Antwerpen Kleinhans
500g meel....
320ml sterk lou water...
1 t sout,
10g gis,
10ml heuning...

Meng en laat rys tot dubbel....knie af en sit in broodpan...bak 20 min by 180


No comments:

Post a Comment